Oorbodige lekkertes

Lloyd Zandberg - Die tyd raak al minder vir Inpirasie Tafels om sy debuut te maak. Hierdie leefstylekspo vind oor twee weke by Windhoek se skougronde plaas. Inspirasie Tafels gaan menige Namibiër se verwagtinge oortref.

Die tweedagskou bied iets vir almal. Van oud tot jonk en almal tussenin. Kosliefhebbers kan uitsien na plaaslike én internasionale sjefs wat kosdemonstrasies in die Manrico-leefstylteater gaan doen. Rhona Strauss van The Taste Academy en Janina Clinning van Flaunt gaan onder meer die panne rondswaai en die smaakliere wakker maak. Antoinette de Chavonnes Vrugt gaan feesgangers ook in die teater met haar eksentrieke kosstyl vermaak.

Agt vertonings sal daagliks in die Manrico-leefstylteater plaasvind. Die vertonings sal wissel van kos-, leefstyl- en modevertonings. Talent wat van Suid-Afrika af ingevoer word, is die gewilde Herman Lensing, redakteur van Sarie Kos. Lensing is bekend vir sy kookprogram op Via en het al verskeie boektitels agter sy naam.

Kokkerdoortjie-wenner, Edwin Theron, is spesiaal daar vir die jongeres. Hierdie 13-jarige se vernuf in die kombuis is besonders. Mari-Louis Guy, TV-vervaardiger en aanbieder van die immergewilde programme Kokkedoor, Koekedoor en Kokkedoortjie, is die Bakpro-ambassadeur by Inspirasie Tafels. Sy is ook die eienaar van Cake Bread en skrywer van nege boeke.

“Ons het hierdie fees só beplan dat daar werklik iets vir almal in die gesin is. Ons praat van whisky slushies, sushi, oesters, Kapana, Gin-proeë, diepgebraaide melktert, ontwerpersvetkoeke, Mexikaanse kos en nog meer. Al hierdie lekker kosse kan aan die Lang Tafel geniet word. Die Lang Tafel, wat oor 'n paar meter strek, is vir feesgangers gebou. Mense kan hier met mekaar gesels en aan die fantastiese kos smul,” sê Frans van Wyk, een van die breine agter die ekspo.

Inspirasie Tafels is eenvoudig iets wat jy nie mag mis nie. Kom kuier saam met Kollig op 15 en 16 September.

Die volgende instansies sal deel van die kos- en drankuitstallers wees: Komnick & Frank, Cramer, Nouveau Wines, Erongo Mountain Winery, Seapride Foods, Slowtown, Sugar Craft, Master Makhosi, Belgian Choclatique, Pernod Namibia, Namib Mills, Soreros Sauces, Joy of Food, Bottoms Up, Blikbeker en Flau.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!