Oordeelsdag in sokkertwis
Sokker
Jesse Jackson Kauraisa - Na verwagting sal daar vandag om 15:00 in die hoërhof uitspraak gelewer word in die saak tussen die Namibiese Premierliga (NPL) en die Fifa-normaliseringskomitee (NK) wat tans die Namibiese Sokkervereniging (NFA) bestuur.
Die NPL het verlede week ’n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om weer deur die NFA erken te word. In dieselfde aansoek vra die NPL dat die NFA deur die hoërhof verhinder moet word om ’n buitengewone kongres te hou.
Die NFA wil reeds môre sy buitengewone kongres hou sonder dat die NPL verteenwoordig word en daarom het dié entiteit die aansoek gerig.
Die hofsaal was stampvol van sokkerentoesiaste wat die saak gister gevolg het wat deur waarnemende regter Eileen Rakow aangehoor is.
Mnr. Gerson Narib, regsverteenwoordiger van die NPL, het in die hof aangevoer dat die NPL in ’n knyptangsituasie deur die NFA geplaas is en dus geen ander keuse gehad het as om die hof vir kundige oordeel te nader nie.
Mnr. Tinashe Chimwaba wat die NK verteenwoordig het, het gesê die NFA se optrede word deur sy grondwet gelei. Hy het bygevoeg dat die NPL deur die NFA geskors is en dus geen reg het om die buitengewone kongres by te woon nie.
Die NPL het daarop aangedring dat die NK binne twee dae ná die hofbevel uitgereik was, die reëls vir promosie en relegasie vir die komende 2019-’20-sokkerseisoen aan hom moet verskaf. Chimwaba was egter oortuig daarvan dat sy kliënt binne sy grondwet optree en nie daar is om klubs na ’n laer liga te relegeer of na ’n hoër liga te bevorder nie.
Chimwaba sê die grondwet stel dit duidelik dat sy kliënt die reg het om die finale besluit te neem om nie promosie of relegasie aan spanne toe te staan nie, want Fifa het die NK aangestel om die NFA te bestuur wat die afgelope maande in wanorde gedompel was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie