Ooreenkoms met Botswana onderteken
Sport
Die Sportkommissies van Namibië en Botswana onderteken glo vandag 'n ooreenkoms van samewerking om verskeie sportsoorte oor en weer te ontwikkel.
Botswana reken klaarblyklik kodes soos Paralimpiese atletiek en ander sport vir gestremdes, boks, skaak, fietsry, perderesies, varswaterhengel, gimnastiek, geweerskiet, hokkie, rugby en stoei is gebiede waarop hy waardevolle tegniese insette van sy buurland kan verkry.
In dieselfde mate is Namibië op die uitkyk om enige moontlike lesse uit uit Botswana se suksesse in atletiek, netbal, judo, basketbal, tennis, tafeltennis en vlugbal te leer.
Volgens die Namibiese Sportkommissie (NSC) word hy by vandag se ondertekening in Gaborone deur sy hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, en skakelbeampte mnr. Tjeriko Musutua verteenwoordig.
“Hierdie inisiatief het in 2019 begin en die finale dokument is uiteindelik in 2020 afgehandel, voordat die wêreldwye pandemie tot nou verhinder het dat die ooreenkoms onderteken kon word.
“Die ooreenkoms sal vir vier jaar geldig wees en kan hernu word. 'n Gesamentlike bestuurskomitee sal byeengeroep word, met die doel om onder meer mekaar te ondersteun deur uitnodigingspanne na die Nasionale Jeugspele, individuele sportkodes en tegniese bystand op gebiede soos afrigting en skeidsregters.”
FOTO
Nijel Amos (regs), Botswana se heel eerste Olimpiese medaljewenner toe hy in Londen 2012 die silwer beklink het, is gister in Tokio in die semifinaal uitgeskakel. Hy en Isaiah Jewett van die VSA het per ongeluk kontak gemaak en beide het neergeslaan, wat hul kans beëindig het om tot die finaal deur te dring. Foto Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie