Ooreenkoms oor handel tussen VSA, China dalk nie gereed
’n Chinese koerant het berig die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë sal die tussentydse handelsooreenkoms op 17 November onderteken “as alles glad verloop”.
’n Tussentydse handelsooreenkoms tussen Amerika en China gaan dalk nie betyds afgehandel word om aanstaande maand in Chili onderteken te word nie, maar dit beteken nie dat onderhandelinge uitmekaarval nie, het ’n amptenaar van die VSA Dinsdag gesê.
Pres. Donald Trump van die VSA en pres. Xi Jinping van China sal na verwagting “fase een” van die ooreenkoms op die Asiaties-Pasifiese Ekonomiese Samewerkingsgroep (Apec) se beraad onderteken, maar die datum is nog nie vasgestel nie.
“As dit nie in Chili onderteken word nie, beteken dit nie dat dit uitmekaarval nie. Dit beteken net dat dit nog nie gereed is nie,” sê die amptenaar.
“Soms is die teks nie gereed nie. Goeie vordering word egter gemaak en ons verwag om die ooreenkoms in Chili te onderteken.”
Trump, Steve Mnuchin, minister van finansies, en Larry Kudlow, die Withuis se ekonomiese raadgewer, het almal gesê hulle vorder goed met die ooreenkoms ná ’n handelsoorlog van byna 16 maande, terwyl hulle ook erken het dat dit nie ’n probleem sou wees as dit nie by die Apec-beraad afgehandel word nie.
Die South China Morning Post het, aan die hand van ’n bron wat met die reëlings vertroud is, Dinsdag berig dat die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomië na verwagting die tussentydse handelsooreenkoms op 17 November sal onderteken “as alles glad verloop”.
Maar met die Amerikaanse amptenaar se jongste kommentaar, lyk dit of “fase een” van die ooreenkoms dalk nie betyds vir die beraad voltooi gaan wees nie.
Trump het Maandag gesê hy hoop om ’n aansienlike deel van ’n handelsooreenkoms met China by die beraad te onderteken, maar het nie oor die tydsberekening uitgebrei nie. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie