Ooreenkoms vir landelike veiligheid onderteken
Ooreenkoms vir landelike veiligheid onderteken

Ooreenkoms vir landelike veiligheid onderteken

Elvira Hattingh
Namibië se polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gister 'n samewerkingsooreenkoms vir 'n landelike veiligheidstrategie met beide die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu) asook die Namibië Landbou-unie (NLU) se leiers onderteken. Die inhoud van die ooreenkoms is vertroulik, maar sal vier jaar lank van krag wees om veral plaasveiligheid te verseker en veediefstal te bekamp. Die landbou-unies sal onder meer finansiële steun asook ander bronne vir die implementering van die ooreenkoms beskikbaar stel. Hierdie strategie is die Joint Crime Prevention Forum (JCPF), wat in 2018 deur die twee landbou-unies gestig is, se inisiatief. Necfu se president, dr. Ndahafa Nghifindaka (links) en die NLU-president, mnr. Piet Gouws, skud die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, se hand.

FOTO ELVIRA HATTINGH

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!