Oorgangspan lei Herero
Eerder as 'n waarnemende opperhoof, sal 'n komitee van hoofmanne en ringkoppe die sake van die Ovaherero bestuur tot 'n opvolger in 2022 aangewys kan word.
Jemima Beukes – 'n Marathonvergadering het die afgelope naweek plaasgevind oor die proses om 'n opvolger vir wyle adv. Vekuii Rukoro, opperhoof van die Ovaherero, aan te wys.
Prof. Mutjinde Katjiua, sekretaris van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA), sal as die voorsitter dien van die oorgangskomitee wat aangewys is om intussen die gemeenskap te verteenwoordig.
'n Verkiesing om Rukoro se opvolger aan te wys, sal volgens Katjiua weens huidige regulasies om Covid-19 te bekamp eers volgende jaar kan plaasvind.
“Ons het gesprek gevoer met al die hoofmanne in die streke omdat die meeste nie in Windhoek is nie en omdat Covid-19-regulasies beweging inperk,” het hy verduidelik.
“Die komitee sal sy magte hê om op te tree en die organisasie (die tradisionele owerheid) te bestuur.
“Wanneer tyd toelaat om die raad van hoofmanne byeen te roep, sal hulle oor die kwessie van opvolging en modaliteite daarvoor beraadslaag en 'n verkiesingsdatum aankondig,” het Katjiua gesê.
Die komitee bestaan uit hoofman Vipiura Kapuuo van Ovitoto, hoofman Boas Roree Tjingaete van Otjombinde en hoofman Uazukuani Rukambe van Okamatapati.
Die komitee se senior adviseurs is mnre. Mac Hengari, Amon Ngaveteni, me. Lourensia Katjitae en mnr. Nandiuasora Mazengo.
Mazengo is tans voorsitter van die Ovaherero-volksmoordstigting (OGF) en sal as sekretaris van die tradisionele owerheid waarneem terwyl Katjiua sy nuwe pligte nakom.
“Hierdie is 'n oorgangstruktuur om die kantoor van die opperhoof te bestuur,” het Katjiua verduidelik. “Ons het op die struktuur besluit om besluitnemening op grond van konsensus te bevorder eerder as om uitvoerende magte in die hande van 'n waarnemende opperhoof te plaas.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie