Oorlog teen media woed voort
Volgens 'n verklaring van die presidentskantoor maak die media homself aan 'n disinformasie-veldtog skuldig.
Augetto Graig
Die veteraanjoernalis en uitvoerende voorsitter van die Namibia Media Trust (NMT), me. Gwen Lister, het haar sterk teen die regering se houding teenoor plaaslike media uitgespreek.
Dít volg op die nuutste verklaring vanuit die presidentskantoor wat die Namibiese media oor die kole haal.
Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het Donderdag 'n verklaring uitgereik waarin die media se “disinformasie-veldtog” in aanloop tot Woensdag se verkiesings betreur word.
“Die oopvlek van die #Fishrot-skandaal en die Kora-toekennings is so bereken om die verkiesing se uitkoms te beïnvloed, en nog berigte word voor 27 November verwag,” skryf Hengari.
“Die president (Hage Geingob) is gevra oor Kora en die #Fishrot-skandaal, waarop hy vantevore noukeurig en volledig geantwoord het. Dis ontstellend dat sekere vrae laat gestuur word, met die teks wat reeds geskryf is en waarop vooraf besluit is,” sê hy.
“Mediahuise se pogings om deur 'n disinformasieveldtog met Namibiese stemgeregtigdes in te meng, wat hul demokratiese reg wil uitvoer, word betreur,” lui die verklaring.
In reaksie hierop sê Lister die presidentskantoor verwar die publiek en is oneerlik, omdat feitelike nuus aangeval word teen die agtergrond van fopnuus in die sosiale media oor die 2019-verkiesings.
“Na ons mening is dit 'n swak en ondeurdagte stelling,” is haar kommentaar op Hengari se verklaring.
“Die #Fishrot-ondersoek is reeds jare aan die gang en ongeag wanneer dit onder die publiek se aandag gebring word, moet die oopvlek van 'n korrupsieskandaal van hierdie omvang deur alle Namibiërs verwelkom word,” sê sy.
“Dit stel die genadelose plundering van ons natuurlike hulpbronne deur politici en gulsige individue bloot,” sê sy.
Lister sê die twee ministers se inhegtenisneming ná berigte oor die skandaal gepubliseer is, dui daarop daar steek waarheid in die verslae.
“Mediasensuur, soos in die presidentskantoor se verklaring beskryf is, bring die risiko mee dat die land sy status as Afrika se topvoorbeeld van mediavryheid kan verloor. Dit stel joernaliste ook in die uitvoering van hul werk in gevaar,” sê sy.
Lister sê regdenkende Namibiërs moet die waghondrol verwelkom wat joernaliste speel.
“Hierdie joernalistiek het geen agenda om voorkeur aan een politieke party of presidensiële kandidaat te verleen nie.
“Dit het ten doel om Namibiërs oor die misbruik van kosbare hulpbronne in te lig; hulpbronne wat tot die meerderheid se voordeel en die verbetering van armes se lewenstandaard aangewend moes word,” sê sy.
Lister het haar vroeër vandeesmaand ook uitgespreek teen die minister van handel, nywerheidsontwikkeling en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, wat na Namibiese media as “irriterende vlieë” verwys het wat voornemende beleggers se gedagtes “vergiftig”.
Dít by 'n geleentheid waar 'n memorandum van begrip tussen die internasionale maatskappy DP World en die !Nara Namib- vrye ekonomiese nywerheidsone onderteken is.
Lister het die regering herinner aan die kritieke rol wat joernalistiek in 'n demokrasie speel – veral in verkiesingstye.
“Aanvalle op die media sal die heersende spanning bloot vererger,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie