Oorsaak van Swakop-brand onbekend

Die totale koste van die skade is nog nie bepaal nie.
Adolf Kaure
Adolf Kaure – Niemand is beseer nie in die brand wat gister in die vroeë oggendure in die Shoprite-kompleks op Swakopmund uitgebreek en groot skade aan Foschini en Markhams se winkels aangerig het.

Volgens die woordvoerder van die polisie in Erongo, insp. Ileni Shapumba, weet hulle nog nie wat die brand veroorsaak het nie en duur die ondersoek voort.

Hy sê ‘n veiligheidswag het tydens sy patrollie kort ná middernag ‘n alarm gehoor en hom na die toneel gehaas.

Die wag het gesien die ligte in Foschini is aan en rook by die plafon van die muur tussen Foschini en Markhams bespeur. Hy het dadelik G4S se beheerkamer in kennis gestel en die polisie en brandweer is na die toneel ontbied. Die brandweer het die vlamme geblus.

VERNIETIG

Republikein was gisteroggend omstreeks 10:00 op die toneel, waar die kompleks se parkeerarea steeds onder water was. Foschini se vensters was gebreek en die winkel se mure swart en vol as.

Shoprite se logo op die teen die dak van die kompleks het ook byna onherkenbaar verbrand.

Die totale koste van die skade is nog nie bepaal nie.

Vier jaar gelede is die Dolphin-apteek en dokterspreekkamers op die hoek van Sam Nujoma- en Nathaniel Maxuilili-straat op Swakopmund ook in ‘n brand verwoes. Dit het drie jaar geduur op dié gebou te herstel.


FOTO’s Adolf Kaure

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!