Oorsee werk beteken dalk duurder leef
Johan Eybers en Liesl Peyper – Dit is amper vyf keer duurder vir ’n gesin om in San Francisco as in Johannesburg te gaan bly en drie keer duurder in Sydney en Toronto.
Die Goudstad beklee die 74ste plek op hul internasionale indeks van 85 stede wat die maatskappy Movinga opstel.
Movinga bereken die verhuisingskoste as die prys van goed wat jy moet betaal wanneer jy na ’n nuwe stad toe verhuis – jou maandelikse vervoerkoste, kruideniersware, huur, ’n huurdeposito, huisvesting, stoorgeriewe en selfoon- en internetdienste.
San Francisco is volgens die indeks die duurste stad in die wêreld om na te verhuis, gevolg deur New York, Genève, Hongkong en Zürich.
Sydney beklee die 11de plek op die lys, Londen die 18de, Toronto die 21ste, gevolg deur Vancouver (22) en Dubai (27).
Plekke wat goedkoper is as Johannesburg om na toe te trek sluit in St. Petersburg (76), Djakarta, (77) en Nieu-Delhi (85). Johannesburg se verblyfkoste is volgens die indeks relatief goedkoop in vergelyking met die meeste van die ander stede, maar die koste om te kommunikeer is soortgelyk of heelwat hoër as in baie ander stede.
Jy betaal soortgelyke pryse vir selfoon- en internetdienste in Johannesburg as in Sydney, wat as ’n peperduur stad beskou word.
Finn Age Hänsel, besturende direkteur van Movinga, sê die migrasie van mense met hoë vaardighede gaan volstoom voort ten spyte van negatiewe sentimente oor globalisering.
“Maatskappye ding steeds mee om sekere vaardighede, wat beteken dat daar meer geleenthede oor landsgrense heen is as ooit tevore.
“Ons ondervind dat baie mense ja sê vir werksgeleenthede in ander stede sonder om na te dink oor die koste om na ’n ander stad te verhuis.
“In baie gevalle neem hulle nie die werklike lewenskoste in ag wanneer hulle só ’n besluit neem nie,” sê hy.
Hy sê hul indeks sal mense help om beter voor te berei vir die realiteite en probleme wat met verhuising gepaard gaan wanneer hulle na stede trek wat in aanvraag is.
“Ons hoop dit sal mense verder help om die beste ligging te kies op grond van hul begroting.”
Semigrasie
As jy egter oorweeg om binne Suid-Afrika te semigreer, is die vraag oor waar jy die goedkoopste gaan leef, is daar ander faktore wat in ag geneem moet word.
Nóg ’n studie – gedoen deur die datagroep Numbeo – wys uit dat Suid-Afrikaanse stede se kostes dramaties kan verskil in verskillende kategorieë.
As jy ’n afbetaalde huis het, is Pretoria volgens Numbeo die duurste stad in Suid-Afrika om in te bly, gevolg deur Johannesburg, Kaapstad, Port Elizabeth en Durban.
Die halfjaarlikse lewenskoste-indeks tot en met Julie 2019 lig wel uit dat die perspektief aansienlik verskil wanneer ’n mens na die onderskeie kategorieë kyk.
Kaapstad is byvoorbeeld relatief goedkoop wat algemene lewenskoste soos kruideniersware, restaurante, vervoer en water- en elektrisiteitskoste betref.
Verblyf in Kaapstad is egter die duurste van die gelyste Suid-Afrikaanse stede en as jy dus huur moet betaal, word Kaapstad die duurste plek om in te woon.
Dié studie beklemtoon ook hoe relatief laag Suid-Afrikaners se lewenskoste is.
Waar Kapenaars se algemene lewenskoste 45% van die lewenskoste in New York is, betaal iemand wat in die Switserse stad woon Basel 29% méér as in New York. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie