Oorskot van beroemde leeu 'n nes van geheime
Oorskot van beroemde leeu 'n nes van geheime

Oorskot van beroemde leeu 'n nes van geheime

'n Storm druis voort oor wat van die mannetjie se vel en pote geword het.
Des Erasmus
Des Erasmus



Op 16 Junie is Gretzky deur die ministerie van die omgewing en toerisme tot 'n probleemdier verklaar en doodgeskiet.

Maar lank was dit nie die einde van die ikoniese leeumannetjie wat hom in die fleur van sy lewe by die ­woestyntoestande van die Namib ­aangepas het nie.

'n Storm druis voort oor wat van sy vel en pote geword het met net sy skedel wat onder 'n boom by die veepos De Rust in die Ugabrivier lê.

Volgens leeuwagters wat oor die behoud van die woestynaangepaste spesie waak, was Gretzky eintlik van die Huabvallei. Maar dit was paartyd in die Ugabrivier en hoogs produktief het sy drange hom waarskynlik na die wyfies van die Ugabvallei laat stap waar die dood op hom gewag het. Sy onvergeeflike sonde was 27 bokke en 'n donkie wat hy op die plaas De Rust van Mama Rosa doodgebyt het.

Op ministeriële vlak is beweer dat die vonnis binne die raamwerk van die wet voltrek was en dat dit ook strook met die beleid wat ­neergelê is vir die konflikbestuur tussen mense en diere. Juis vir die bestuur van die konfliksituasie het 'n bewaringsinstansie, DeLHRA (Desert Lion Human Rela­tions Aid), kommunale boere van die betrokke gebied gehelp om hul ­vervalle krale te versterk om die roofdiere uit te hou.

Steeds volgens voorskrifte is Gretzky afgeslag met beweringe dat die vel verkoop gaan word.

Sowat 'n week na die voltrekking van die doodsvonnis is beweer die skedel van die leeu is nog op die plaas, maar dat die vel verdwyn het. Selfs 'n dooie leeu is van groot waarde met beweringe van tot meer as N$60 000 wat vir die vel, die pote en selfs die naels van die leeus betaal kan word. Die naels word dan weer as hangertjies of ander ornamente in winkels met aandenkings verkoop. Volgens 'n ­kommunale boer is Gretzky se vleis vir hondekos gebruik. Net 'n paar kleiner bene is opgespoor en van die groter karkasbene was daar geen teken nie.

Die leeuskedel is met tande en al in 'n boom bewaar. Ondersoeke ter plaatse is begroet met beweringe dat so 'n leeuvel gewoonlik aan die boer gegee word. In sommige gevalle verkoop die betrokke boer dan self die vel. Op vrae of so 'n boer daarvan bewus is dat hy of sy 'n permit vir so 'n leeuvel moet hê, asook hoekom die leeubene nie verbrand is nie en waar dit nou is, was daar nie antwoorde nie. 'n Uitwykroete van amptenare was dat 'n vergadering gehou gaan word waar al die inligting verstrek gaan word. Dit sal verteenwoordigers van bewaringsinstansies vry staan om sodanige vergaderings by te woon.

Op beweringe dat Namibië se ­bewaringspraktyke in die gedrang is en dat onmiddellike antwoorde inter­nasionale reaksie kan temper, is die vergadering wat kom as enigste ­uitwykroete gebruik.

Internasionaal beweer aktiviste dat Gretzky dieselfde status as die beroemde Cecil beklee het en dat geen alternatiewe oorweeg is soos om die leeu te vang en na 'n ander gebied oor te plaas nie. Die aktiviste beweer ook Gretzky was die laaste produktiewe mannetjie van twee troppe. Die oorlewende leeumannetjie het nog nie 'n fase van reproduksie bereik nie. Die balans tussen mannetjies en wyfies is volgens die aktiviste windskeef.



VRAE BLY

Toe navraag by mnr. Izak Smit van DeLHRA gedoen is, het hy gesê die vrae bly: Waar is die vel, bene en leeupote? Wat word nou geheim gehou?

Hy het ook op florerende sluik­handel met bene en dele van veral bedreigde spesies gewys.

“Sit ons nou weer met 'n ondersoek wat uiteindelik niks gaan oplewer nie. Wat het van die oorskot van Gretzky geword?”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!