Oorskot van slagoffers van April-padslagting nou beskikbaar
Die naasbestaandes van tien van die 15 slagoffers van die grusame botsing op 30 April vanjaar op die Otjiwarongo-Okahandja-pad wat 'n Iveco-bussie aan die brand laat slaan het, kan nou die oorskot by die polisie se lykshuis in Windhoek opeis.
DNS-toetse moes op die oorskot van dié tien slagoffers gedoen word om hul identiteite te bevestig aangesien dit onherkenbaar verbrand was.
Familielede moet hul ID's toon om die oorskot te kan opeis, het die polisie vanmiddag (Woensdag) in 'n verklaring gesê.
Die polisie vra verskoning daarvoor dat die proses so lank geduur het en betuig opnuut sy innige meegevoel met die naasbestaandes.
Vir meer inligting, bel 061 209 4307 of 081 273 5188.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie