'Oorweeg GMO-mielies vir ons oorlewing'
Terwyl enkele mielie-aanplantings in die Mieliedriehoek reeds afgeskryf moes word oor 'n trae reënseisoen, meen sommiges GMO-wetgewing moet, ter wille van akkerbouers se oorlewing, heroorweeg word.
Elvira Hattingh – “As die regering nie binne drie jaar wetgewing in plek kry wat boere sal toelaat om GMO-mielies te plant nie, gaan baie akkerbouers ophou mielies produseer. Die koste-knyptang knel net te veel.”
So gesels Emil Jung, 'n akkerbouer wat op die plaas Johannestal in die vallei by Grootfontein boer.
Hy sê GMO-mielies sal akkerbouers in staat stel om insetkoste te verlaag.
“Dan kan jy vóór jy plant die onkruid doodspuit, baie sterker geenbewerkingmetodes toepas.
“Dit beteken ook jy bespaar op slytasie op jou toerusting en op brandstof, want jou trekker gaan minder in die land in.”
Emil sê hul rekening vir onkruidbeheer is astronomies, bo en behalwe die groeiende koste vir kunsmis. Saad is ook van hul duurste insetkoste.
“Vanjaar is kunsmis alleen N$200 duurder.
“Voorheen het ons altyd bereken dat as jy op droëland drie ton per hektaar oes, dek die opbrengs van een ton jou uitgawes.
“Tans dek die opbrengste van twee tot twee-en-'n-halwe ton eers jou uitgawes, wat beteken jou winsmarge is veel kleiner.
“As ek slegs 'n oes van twee-en-'n-halwe ton per hektaar kry, dek ek slegs my onkoste,” sê hy.
Hy is van mening dat GMO-mielies akkerbouers sal help om op hul “gifrekening” te bespaar.
“Ek sê nie almal sal GMO plant nie, maar ons moet die opsie hê.
“Ek glo nie almal sal dit doen nie, maar ek dink baie boere sal graag die keuse wil hê om GMO-mielies te kan plant,” sê hy.
“Die GMO-mielie wat ons dan sal wil plant, sal die probleme met byvoorbeeld bolwurms en kommandowurms uitskakel, want dit het 'n geen in wat giftig vir die spesifieke peste is,” het Emil verduidelik.
Boonop is dié soort mielies bestand teen onkruiddoders, wat beteken boere kan ongehinderd onkruiddoders spuit, sonder dat dit die mielies raak.
TUSSEN DIE BOOM EN DIE BAS
Emil is een van min boere wat reeds “klaar geplant” het, met talle wat nog die afgelope week gespook het om voor 27 Januarie, wat wyd as die afsnydatum beskou word, mielies in die grond te kry.
Hy sê sommige boere in die omgewing is in sak en as nadat hulle vroeg geplant het en intussen al die mielies moes afskryf.
Die reënseisoen in die Mieliedriehoek het belowend in Oktober begin, net om deur 'n báie droë November en Desember opgevolg te word.
Emil sê die besluit van wanneer om mielies te plant, bly 'n “dobbelspel”. “Jy vat 'n berekende kans en maak 'n ingeligte besluit,” sê hy.
Hy self hou drie verskillende weervoorspellingdienste dop en begin eers plant wanneer daar reeds tussen 80 mm of 100 mm reën geval het.
Hy reageer eers as al drie weerdienste ooreenstem dat daar genoeg reën op pad is. Hy meen ook ná baie jare se ervaring, het baie boere reeds 'n goeie idee van wanneer die reën eindelik op pad is.
“Die regte tydsberekening is eintlik pure geluk, maar jy vat die kans op grond van die weervoorspellings,” sê hy.
Emil sê die dilemma is dat indien daar te laat geplant word, daar nie meer genoeg “hitte-eenhede” oor is vir die mielies om hul groeisiklus te voltooi nie.
Laat aanplantings loop boonop 'n groter risiko op ryp en siektes onder die mielies.
MOEILIKE BEGIN
Claudia Dohmen, nog 'n akkerbouer wat in die vallei boer, sê in Oktober het sy altesaam 62 mm se reën op haar plaas
gehad.
“Ons het aan die begin van November 'n bietjie van die lande voorberei, maar toe net 20 mm reën gehad. Ons kon toe weer 'n klein stukkie verder voorberei.”
Sy sê hulle het die hele Desember lank nie eens 20 mm reën gehad nie en eindelik besluit om droog te plant.
“Die reën het eers in middel Januarie begin. Die mielies kom dus nou eers op.
“Die paar wat voor die tyd 'n bietjie vog gehad en toe ontkiem het, het nie baie goed opgekom nie. Ons moet dit gedeeltelik oor plant.
“Dit was nie vir ons 'n baie maklike seisoen nie,” sê sy.
GELUK SE ROL
Emil sê wat die reën op Johannestal betref, was hy vanjaar “gelukkig”. Hy het in totaal 275 hektaar mielies geplant.
Hy sê op 'n droë land kan hy op die beste op 'n oes van sowat 3 ton per hektaar reken.
Hy sê tussen 19 en 26 Desember het hy die eerste 175 hektaar mielies geplant. “Oor Kerstyd het dit 'n bietjie gereën en tussen 2 en 6 Januarie het ons die res van die mielies geplant. Teen 7 Januarie was ons heeltemal klaar geplant.”
Emil sê in Oktober het die reënseisoen by hom afgeskop met 40 mm reën, terwyl dit niks in November op Johannestal gereën het nie.
“Desember het ek begin plant ná 65 mm se reën.
“Ek was gelukkig dat die reën altyd opgevolg is met so 18 mm, of 6 mm of 8 mm, terwyl ek besig was om te plant. Dit het blykbaar net gebeur hier teen die berg waar ek woon,” vertel hy.
“In totaal het ek nou 262 mm se reën gehad. Dit is nie genoeg vir die plaas of die weiding nie, maar dit het presies op die regte tye vir my mielies gekom,” vertel hy.
“Die weermodelle voorspel nog steeds 'n bogemiddelde láát seisoen. Ek is hoopvol.”
Emil sê hy het sowat 800 mm reën nodig om 'n goeie oes te verseker.
Boonop hoop hy dat dit aanhou reën tot in April.
Hy sê verlede jaar, toe altesaam sowat 1 500 mm se reën op Johannestal geval het, het sy mielies swakker vertoon as vanjaar met die minder reën.
“Dit was tóé op verkeerde tye en te veel; baie mielies het verspoel. Jou kunsmis het nie kans gehad om in te trek nie, die gifstowwe het alles weggespoel,” vertel hy.
Emil sê die hoop is dat die SAFEX-prys tot voordeel van plaaslike akkerbouers sal styg, veral nadat tekorte aan mielies in Suid-Afrika dalk kan ontstaan ná grootskaalse oorspoelings in hul mielieproduserende gebiede.
– [email protected]
FOTO
Hy was gelukkig om tot dusver reën op presies die regte tye te kry, sê mnr. Emil Jung, ‘n akkerbouer wat op die plaas Johannestal in die vallei by Grootfontein boer. FOTO'S ELVIRA HATTINGH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie