Oorwinning in Mosoel verwelkom
Maande nadat Irakse magte en 'n Amerikaansgeleide koalisie die terreurgroep IS die stryd aangesê het, is die djihadiste verslaan.
Irak se eerste minister, Haider al-Abadi, het Sondag in Mosoel aangekom en gewapende magte gelukgewens met hul “oorwinning” oor die Islamitiese Staat-groep (IS).
Dit ná byna nege maande se stedelike oorlogvoering om ‘n einde aan die djihadiste se beheer oor die stad te maak.
IS se neerlaag in Mosoel, drie jaar nadat hy die stad ingeneem het, is ‘n groot slag vir die ontoegewende soenni-islamitiese groep, wat ook grond in sy operasionele basis in die Siriese stad Raqqa verloor.
Die groep beheer egter steeds grondgebied in Irak en sal na verwagting hom nou tot meer konvensionele insurgensietaktieke soos bombarderings wend.
Die geveg vir Mosoel, by verre die grootste stad wat onder die militante se beheer was, lê in puin met duisende burgerlikes wat dood is en byna ‘n miljoen wat haweloos gelaat is.
Irakse staatstelevisie het beeldmateriaal vertoon van Abadi wat deur Mosoel stap.
Lugaanvalle en oor-en-weer geweervuur kon egter steeds in die nou strate van Mosoel se Ou Stad gehoor word, waar IS hom ingegrawe het teen die Irakse weermag wat deur ‘n Amerikaansgeleide koalisie ondersteun word.
Abadi het bevelvoerders in die weste van Mosoel ontmoet, maar het nog nie ‘n formele aankondiging gemaak dat die hele stad herower is nie. Abadi se woordvoerder, Saad al-Hadithi, sê die oorwinning sou nie formeel verklaar word alvorens die laaste oorblywende IS-militante uit Mosoel verdryf is nie.
Desondanks het Frankryk en Brittanje, lede van die koalisie teen IS, die oorwinning verwelkom.
"Mosoel is van IS bevry. Frankryk bring hulde aan diegene wat saam met ons troepe bygedra het tot die oorwinning, het Frankryk se pres. Emmanuel Macron getwiet. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie