Oorwinning vir SME Bank-likwidateurs
Ten minste vier bankrekeninge is gevries om te keer dat geld ‘verdwyn’.
Catherine Sasman – Die voorlopige likwidateurs in die voortslepende SME Bank-sage het ‘n beduidende oorwinning in die soektog na die beleërde bank se verdwene miljoene behaal toe die Gautengse hooggeregshof verlede Donderdag (23 Augustus) die bankrekeninge van Moody Blue Trade & Investments 14 (Edms.) Bpk. en AMFS Solutions (Edms.) Bpk. gevries het.
Die hof het bevind niemand mag N$43,8 miljoen uit Moody Blue en AMFS Solutions se First National Bank-rekeninge onttrek nie.
Die likwidateurs David Bruni en Ian McLaren het by die hof aansoek gedoen om die maatskappy se bankrekeninge te vries, hangende die finale bepaling van watter regsprosedures ingestel moet word om geld van die maatskappye te verhaal.
Die betrokke bedrae weerspieël bevestigde betalings wat deur die SME Bank gemaak is.
Dit is volgens rekords bereken wat by die geplunderde bank se finansiële afdeling verkry is.
Betalings wat N$79,8 miljoen beloop, is van 10 April 2015 tot 11 Augustus 2016 onregmatig deur die SME Bank aan verskeie instellings oorbetaal, wat Moody Blue, AMFS Solutions en Asset Movement & Financial Services CC insluit.
Bruni het in sy finale aansoek gesê dié oordragte is buite die SME Bank se normale sakebedrywighede gemaak.
Daar is voorts bevind dit is “verkeerdelik gemagtig” en die bank het geen waarde in ruil vir die betalings aan Moody Blue en AMFS ontvang nie.
Daar bestaan ook geen bewys dat die oordragte aan Moody Blue en AMFS wettig was nie.
Agtergrond
In hul beëdigde verklaring aan die Gautengse hooggeregshof het die likwidateurs gesê ‘n aanvanklike belegging van N$196 miljoen is deur die SME Bank in Mamepe Capital, ‘n swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy, gemaak wat finansiële dienste onder aanvoering van mnr. Mauwane Kotane lewer.
Uit die N$196 miljoen is N$150 miljoen deur Mamepe in VBS Mutual Bank belê, wat intussen onder kuratorskap geplaas is en na bewering ten prooi van ‘n reuse- bedrogskema geval het, wat tot die verlies van meer as N$1,5 miljard gelei het.
Volgens bankstate is drie bedrae – N$10 miljoen, N$150 miljoen en N$25 miljoen – deur Mamepe aan VBS Mutual Bank oorbetaal.
Die totale belegging van N$185 miljoen het die goedkeuringsperk van die SME Bank se voormalige uitvoerende hoof, die Zimbabwiër Tawanda Mumvuma, oorskry, wat die goedkeuring van die SME Bank se raad vereis het.
Die VBS Bank het na bewering ‘n skamele N$459 000 in April 2017 aan die SME Bank oorbetaal, terwyl die balans van N$154,7 miljoen “benadeel” is omdat geen bewyse van so ‘n balans bestaan nie, het die likwidateurs gesê.
Kotane het beweer Mamepe het N$188,2 miljoen namens die SME Bank belê en het gesê die uitbetalingsdatums van dié beleggings was onderskeidelik Junie, Augustus en September 2017.
Die likwidateurs hou vol Kotane se verklarings was vals en die SME Bank se geld is trouens oorgedra aan Moody Blue en Asset Movement & Financial Services CC, die derde respondent in die saak wat tans voor die Gautengse hooggeregshof dien.
FNB-bankstate wys AMFS en Asset Movement & Financial Services het vir alle praktiese doeleindes gesamentlik geld beheer wat onregmatig en sonder meer deur die SME Bank betaal is.
Die likwidateurs sê voorts die “meesterbreine” van Asset Movement & Financial Services was me.Kalandra Viljoen (‘n model wat intussen na Amerika verhuis het), en mnre. Carlo Stickling en Andries Greyvenstein, wat in Benoni gebaseer was.
Die likwidateurs sê in hul aansoek indien ‘n interdik nie teen Moody Blue en AMFS gebring is nie, kan die oordrag van geld in onbekende bankrekeninge nie uitgesluit word nie, omdat sulke oordragte in ‘n kwessie van sekondes kan plaasvind en nie omgekeer kan word nie.
Voorts is daarop gewys dat tussen 11:28 op 22 Augustus en min of meer dieselfde tyd op 23 Augustus byna ‘n miljoen Namibiese dollar uit die Moody Blue-rekening onttrek is.
In dieselfde tyd is meer as N$14 miljoen uit een van die AMFS-rekeninge onttrek.
‘n Bedrag van N$1 miljoen is in ‘n ander rekening inbetaal, waarvan AMFS die rekeninghouer is, terwyl N$17,4 miljoen in minder as 24 uur uit ‘n derde AMFS-rekening onttrek is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie