Oostedamme leër as vóór reëntyd
Danksy meer reën vergelyk nasionale damvlakke oor die algemeen beter as verlede jaar, met die damme in die Suide wat tans die land se volste is.
Elvira Hattingh
Ondanks goeie reën gedurende die naweek wat daartoe gelei het dat vier nasionale damme nóg water ingekry het, bevat die damme in die Gobabis-omgewing nou gesamentlik 4% minder water as voor die reënseisoen.
Die damme in die Ooste is tans die land se leegste en hou gemiddeld net sowat 17,4% se water, vergeleke met 27,7% dieselfde tyd verlede jaar. NamWater sê die twee boorgatskemas in die gebied moet keer dat waterbeperkings in die nabye toekoms in die gebied toegepas word.
Die gebrek aan 'n invloei van water in die drie damme wat Gobabis van water voorsien, naamlik die Otjivero-, Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam, is waarskynlik omdat reën nie noodwendig in die regte geografiese gebiede geval het nie, nie intens genoeg was nie of dat digte plantegroei 'n invloei van water verhinder het, sê NamWater.
Gobabis, wat op die grens tussen die Nossob-Auob en die Eiseb-Epukiro komme geleë is, onttrek ook ondergrondse water uit eersgenoemde kom.
Tog dui die jongste reënverslag deur die ministerie van werke en vervoer se meteorologiese diensafdeling dat die Ooste nie swak reën ontvang het nie. Witvlei het byvoorbeeld teen einde Maart reeds 102% van sy gemiddelde reën ontvang, terwyl Steinhausen 151% van sy normale reën ontvang het.
Desondanks het die Otjiverodam egter vandeesweek, volgens die jongste damverslag, 'n klein bietjie water ingekry en van 27% tot 27,7% gestyg. Dit is egter steeds veel leër as verlede seisoen se 43,1%.
Dié dam, wat in die Wit Nossob-rivier gebou is, het sedert die aanvang van die reënseisoen slegs op drie geleenthede 'n baie klein hoeveelheid water ingekry. Gevolglik het die watervlak van 36,3% aan die begin van Oktober verlede jaar tot op die huidige vlak van 27,7% gesak.
Die Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam wat op die Swart Nossob gebou is, het onderskeidelik 28,3% en 31,9% water oor, vergeleke met verlede seisoen se 43,5% en 43,8%.
SENTRALE DAMME VOLLER
Die Von Bachdam het van 59% 'n week gelede tot 61,4% gister gestyg en bevat tans 29,197 miljoen kubieke meter (Mm³) water.
NamWater sê egter die styging is vanweë beide reënwater wat die dam binnegevloei het asook water wat van die Omatakodam af oorgepomp is.
Die Von Bachdam het egter verlede jaar dieselfde tyd net sowat 22,4% water oorgehad. Die damme wat Sentraal-Namibië van water voorsien, het in die afgelope week altesaam 0,812 Mm³ water ingekry en handhaaf tans 'n gesamentlike gemiddeld van 55,8%, vergeleke met verlede seisoen se 12,7%.
Die Swakoppoortdam het die tweede meeste water ingekry en van 51,2% tot 52% gestyg. Die Omatakodam bevat tans 24,088 Mm³ of 55,4% water.
Die Friedenau- en Goreangabdam staan op onderskeidelik 35,4% en 100,5%.
Suidedamme is ook heelwat voller as verlede seisoen en handhaaf tans 'n gesamentlike gemiddeld van 74,6%. Die Hardapdam het die afgelope week 0,470 Mm³ water bygekry en staan tans op 69,4%, met die Nautedam wat 96,1% vol is.
Die Oanobdam bevat 90,5% water, terwyl die Dreihukdam 25,1% vol is. Die Bondelsdam hou ook tans 33,1% water.
Die Olushandjadam is s47,1% vol.
Op nasionale vlak is Namibië se damme gesamentlik nou 62,4% vol, vergeleke met verlede jaar se 35,4%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie