Oostenrykse kanselier bedank
Oostenryk is sy kanselier kwyt weens die Europese migrantekrisis.
Werner Faymann (56) het Maandag bedank te midde van ’n opstand in sy Sosiaal-Demokratiese Party nadat dié party deur die Vryheidsparty die loef afgesteek is in die eerste ronde van ’n verkiesing vir die grootliks seremoniële kanselierspos.
Terwyl die Sosiaal-Demokrate se steun die laaste paar jaar gekrimp het, het die groeiende populisme van teenmigrasiepartye in lande soos Duitsland en Swede Faymann se vertrek verhaas.
“Het ek sterk steun in die party? Ek moet sê die antwoord is nee,” het Faymann in ’n verklaring gesê. Hy het as kanselier én leier van die Sosiaal-Demokrate bedank.
Die Vryheidsparty het wye steun in meningspeilings en is gekant teen die toelating van migrante. Dié party se presidentskandidaat, Norbert Hofer, het die eerste ronde oorheers terwyl die Sosiaal-Demokrate se kandidaat maar vierde gekom het.
Faymann was onder druk om sy party se besluit om nooit met die Vryheidsparty ’n koalisie te sluit nie, te verander.
Sy hantering van die migrantekrisis was egter die grootste rede waarom kiesers sy party verlaat het.
Faymann het van die grootste ondersteuner van die Duitse bondskanselier, dr. Angela Merkel, se oopdeurbeleid tot die leidende figuur in internasionale pogings om die “Balkan-roete” vir migrante te sluit, verander.
Met die aankoms van bykans 90 000 migrante in Oostenryk het Faymann die land se grense gesluit en streng kwotas vir toelating ingestel. Dit was blykbaar nie genoeg om kiesers te paai nie en sy gewese linkse bondgenote in sy party het hom daarvan beskuldig dat hy sy beginsels verraai het.
Reinhold Mitterlehner, visekanselier, neem nou in sy plek waar.
- Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie