Op, af en weer op u2013 bly kalm oor rand
Op, af en weer op u2013 bly kalm oor rand

Op, af en weer op – bly kalm oor rand

Tot dusver dié maand het die rand die meeste rondgespring in ''n mandjie van verskeie geldeenhede wat Bloomberg dophou.
Francoise Steynberg
Riana de Lange - R14,27 teenoor die Amerikaanse dollar . . . toe styg tot R13,59 . . . daal tot R14,41 . . . en terug boontoe tot R14,04. Dit is sulke wisselvalligheid die laaste paar weke in die waarde van die rand wat beleggers onkant betrap en ander van die Suid-Afrikaanse mark wegstuur.

Tot dusver dié maand het die rand die meeste rondgespring in ''n mandjie van verskeie geldeenhede wat Bloomberg dophou. Dit het geswaai van die beste vertoner onder ontluikende geldeenhede in die derde kwartaal tot die swakste vertoner in Oktober.

Multinasionale maatskappye, in- en uitvoerders en die landbousektor is van dié wat sê dit is moeilik om te beplan met sulke erge wisselvalligheid in die wisselkoers. Jan Alleman voel die wisselvalligheid in die maandelikse verandering in die brandstofprys en die prys van ingevoerde goedere.

Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Donderdag op die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) gesê politieke risiko vind weerklank in die wisselkoers.

“Daar was belangrike uitvloeiings wat verband hou met eienaardige plaaslike gebeure. Dit het gelei tot ''n waarneming van groter politieke risiko, wat weerspieël word in die swakker wisselkoers.”

''Leef daarmee saam''
Buitelanders het twee weke gelede ontslae geraak van R14,3 mil­jard se Suid-Afrikaanse effekte en aandele te midde van die onsekerheid oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se posisie nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ''n dagvaarding uitgereik het dat hy op 2 November in die hof moet verskyn op aanklagte van bedrog.

Guillaume Tresca, ''n senior strateeg oor ontluikende markte van Crédit Agricole, sê in Parys, Frankryk, die rand is “daagliks ''n nagmerrie. Jy kan een of twee weke ''n sterk lopie hê, en skielik is daar ''n koerantopskrif oor die politieke risiko – en jy kan al jou geld binne vyf minute verloor.”

Izak Odendaal, beleggingstrateeg van Old Mutual Multi Managers, sê die rand is ''n likiede, hoogs verhandelde geldeenheid. Die daaglikse omset in die rand beloop miljarde.

Hy meen die wisselvalligheid is iets waarmee ''n mens net moet saamleef – ook omdat die Reserwebank gesê het hy sal nie die rand op ''n sekere vlak hou nie en eerder verbind bly tot ''n buigsame wisselkoers wat deur markkragte bepaal word.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) skryf dié wisselvalligheid onder meer toe aan die beweging in kommoditeitspryse en die wêreld se risiko-aptyt, maar ook aan politieke verrassings.

Odendaal sê die huidige vlak is goed. Teen etenstyd Vrydag was dit R14,02 teenoor die Amerikaanse dollar. Dit help die uitvoer- en toerismebedryf en beperk invoer, wat goed is vir die inflasie- en rentekoersvooruitsig.

Peter Attard Montalto, ''n ekonoom van Nomura in Londen, sê die wisselvalligheid wys dit gaan oor die persoonlikhede in die politieke stryd – die moeilikste om in berekening te bring in voorspellings.

Kenners se advies aan gewone beleggers? Moenie op korttermyn-markbewegings fokus nie en maak seker dat jy ''n gediversifiseerde portefeulje het. 

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!