Op die erwe van ons voorvaders
ANONIEM SKRYF:
Ek is bekommerd en ongelukkig oor hoe Bahnhof se sake bestuur word.
Ons is daar gebore, daar gedoop, aangeneem en het ook daar skoolgegaan. Sommige van ons het na Rehoboth getrek, omdat ons nie ’n keuse gehad het nie, maar vandag het ander mense die plek kom oorgevat, besit erwe van die kleinkinders af tot die oudstes toe, terwyl ons nie eens 'n halwe erf besit nie.
Ons wat daar gebore is, drink aan die agterste speen.
Hoe werk dit as een familie meer as vyf erwe besit? Pure selfsug?
Erwe word verkoop, maar agterna hoor jy dis kamma net die huis wat verkoop is. Ons ken daardie speletjie! Hou op mense!
Of moet ons na die Ombudsman of die ACC gaan en hierdie onwettigheid laat ondersoek?
Die komitee (raad) wat daar is, beteken niks nie. Sommige dink seker hulle is die “regeerders” wat kan maak en praat soos hulle wil.
Dit het tyd geword dat ons vir onself moet opstaan. Van ons wat getrek het, sal moet terugkom en langs ons mense kom staan, sodat die kinders van Bahnhof ook erwe kan kry. Dit is verkeerd dat die mense wat vir jare op Bahnhof bly nie erwe het nie, terwyl die mense wat nou eers drie of vier jaar in die plek is, klomp erwe het.
Die verskuiwingstorie moet eers geparkeer word, sodat ons eers sekere seer-sake afhandel. Ons wil terugkom en kom bly waar ons voorouers en ouers gebly het.
Waar is die streekraadslid? Hy is veronderstel om ons by te staan, maar ons sien hom nie. Dit is net die Rehoboth Town Council wat “sigbaar” is, alhoewel hulle vir ons mense amper niks doen nie, en sê ontwikkeling kan eers plaasvind as die verskuiwing afgehandel is.
Hulle praat ook van die “powers invested in us”; dit het ek gehoor by die laaste vergadering wat ek gaan bygewoon het. Ek verstaan dit so: dat hulle hul “powers” kan gebruik om vir ons te skuif as ons weier om te skuif.
Die skuif gaan gepaard met uitgawes, en ons arme mense krepeer onder ellende, want daar is nie werk nie.
Ons soek ’n vergadering, ’n dringende vergadering, waar ons ook die streekraadslid wil sien saam met die Rehoboth Town Council. Die ACC sal ook definitief inkom, want ons wil weet hoekom sekere mense so baie erwe het. Ons sal ons huiswerk doen en ook ons sake behoorlik in orde kry as hierdie wanpraktyke nie ’n einde kry nie.
Vat my woord. Genoeg is genoeg!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie