Op die plaas en Baba se dag
Op die plaas en Baba se dag

Op die plaas en Baba se dag

Jacqueline Louw
Kinders is nooit te jonk om ’n boek saam met jou te geniet nie.
Dis pret om saam na die ­prentjies te kyk en die name van bekende ­voorwerpe te leer.
Die klein, ­hanteerbare boekies help peuters om hul ­woordeskat uit te brei, terwyl dit vroeë ­leesvaardighede ­ontwikkel.
Hierdie pragtige boksie bevat vier kartonboekies met lieflike­ ­illustrasies en eenvoudige teks.
• Op die plaas (ISBN: 9780798170192) en Baba se dag (ISBN: 9780798170185) is deur Human & Rousseau ­vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer