Op die verhoog by Ekspo: Slick, Big Mitch
SLICK
Die ervare komediant Slick is gereed om ’n bietjie verligting te bied met sy grappies met dié dat die land en die wêreld tans moeilike tye ervaar. Die plaaslike komediant sê hy sien uit na die nuwe jaar wat voorlê, en hy glo vas dinge sal vir Namibië omdraai.
Slick sê hy sal oor reis en verkenning in en om ons land gesels, en “waarom kampeer en die natuur nie regtig my ding is nie.”
Op ’n ernstige noot sê hy ’n mens kan vermaak gebruik om kleur aan die Namibiese verhaal en geskiedenis te gee deur dans, sang, teater en komedie. “Dit verbeter die ervaring en kunstenaars kan hul werk op spesifieke gebiede, lodges en safari-uitstappies toepas.”
BIG MITCH
Die Namibiese komediant Mitch Gaoseb, beter bekend as Big Mitch, is weer eens gereed om mense by vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo te laat skaterlag.
Oor die jare het hy kenmerkende werk gelewer wat hom reeds 'n bekende naam in komediekringe maak. Sy gewildste werk oor die afgelope jare is die karakter Jesus van Keetmans en die Be Safe It Might Hit Closer To Home Than You Think-padveiligheidsveldtog.
“Vir die ekspo sal ek gesels oor hoe ons van die pandemie kan herstel, waarna ons na kan uitsien en hoe goed voorbereid ons is, sou daar weer in die toekoms ’n pandemie kom,” het hy gesê.
Big Mitch, wat entoesiasties is oor die simbiotiese verhouding tussen die toerisme- en vermaakbedryf, is van mening dat dit belangrik is vir hierdie bedrywe om saam te werk.
“Geriewe in die toerismesektor kan altyd vermaakkunstenaars bespreek om ons land aan die wêreld te bemark.”
Hy nooi almal uit om ’n draai by die ekspo te maak om die uitstallers van beide die toerisme- en vermaakbedryf te ondersteun.
Op die vraag wat sy planne vir die res van die jaar inhou, het hy slegs gesê: “Ek dink nog aan my eie optredes en ek sal julle laat weet wanneer die tyd reg is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie