Op die verhoog by Ekspo: Vaughn Ahrens, Ivan Roux en Sunset Sweatshop
VAUGHN AHRENS
Die 22-jarige Vaughn Ahrens is teen dié tyd reeds ’n bekende gesig by plaaslike kunstefeeste en groot geleenthede. “Vandat ek vir die eerste keer ’n kitaar opgetel het, kon ek myself niks anders sien doen nie,” vertel die sanger en liedjieskrywer.
Hoewel die pandemie en gepaardgaande inperkings sy loopbaan tydelik tot stilstand gebring het, het dit hom die geleentheid gegee om sy tweede album klaar te skryf.
Vaughn en sy band is bekend vir prettige en energieke optredes, en hy sê hulle gaan probeer om by die ekspo aan dié verwagting te voldoen. “Ons gooi ook 'n paar nuwe liedjies van die tweede album in wat nog nie vrygestel is nie, wat nogal opwindend is,” vertel hy.
Vaughn sê dit is nou belangriker as ooit vir die toerisme- en vermaakbedryf om hande te vat en saam uit die as op te staan. Die pandemie en inperking het beide dié bedrywe groot knoue toegedien.
“Ek dink nie daar is veel wat ek kan sê om dít wat gebeur het beter te maak, of om iemand beter te laat voel oor die verliese wat gely is nie. Ek neem berusting in die feit dat ons almal in dieselfde bootjie is en ons mekaar kan opbou.”
IVAN ROUX
Ivan Roux glo hy is vir die verhoog gebore. Hy vertel hy hou reeds van ’n jong ouderdom af konserte in sy kamer.
In 2014 het hy die toptien van Idols SA gehaal, maar sy loopbaan het nooit regtig momentum gekry soos hy wou hê nie. “Ek het nooit opgehou om my vingers stomp te werk om te kom waar ek wil wees nie,” sê hy.
Sy tyd om te skitter, sou uiteindelik in 2018 aanbreek toe hy besluit het om vir die gewilde werklikheidsprogram Die Kontrak in te skryf. Hy het met die Suid-Afrikaanse ster Dewald Wasserfall kragte saamgespan en uiteindelik as naaswenner uit die kompetisie getree.
“My loopbaan het vlamgevat op ’n manier wat ek my nie kon voorstel nie. Ek het saam met die grootste kunstenaars opgetree op van die grootste verhoë in Suid-Afrika en oraloor,” vertel Ivan.
Dit sal sy eerste besoek aan Namibië wees, en hy vertel hy is baie opgewonde vir die geleentheid om by die ekspo op te tree.
“Vir so lank as wat ek kan onthou, is dit ’n droom om in Namibië op te tree. Dit is ’n ongelooflike, pragtige land met van die vriendelikste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Ek glo ek gaan met ope arms ontvang word.”
Namibiërs kan uitsien na ’n energieke, lewendige vertoning, sê hy.
Die pandemie het musikante se loopbane beïnvloed op ’n manier wat niemand kon verduidelik nie.
“Ons het die afgelope sewe maande geen inkomste gehad nie en ek moet sê ek dink dit het sy tol geëis op elke kunstenaar in en om Suid-Afrika.”
Sy boodskap aan diegene wat nog onder die nagevolge van die pandemie ly, is dat almal moet saamstaan en mekaar moet help waar jy kan. “Die moeilikste ding vir my was om so alleen te wees en te voel dat ek die enigste een was wat swaargekry het, maar eintlik was dié tyd ’n las op ons almal se skouers.”
SUNSET SWEATSHOP
Die reggae-groep het opslae in die buurland gemaak met hulle treffers “Coming Along” en “Move It”.
Die hoofsanger, Ian Heyns, vertel hy het sy liefde vir musiek by sy pa – ook ’n musikant – geërf.
“Daar het altyd instrumente in die huis rondgelê.” Toe hy tien jaar oud was, het hy begin liedjies skryf.
“Ek het vir ’n lang tyd saam met klomp verskillende bands gespeel, maar ek het eers my nis gevind toe ek saam met Sunset Sweatshop begin speel het. Dit is ongelooflik om saam met jou vriende musiek te maak vir mense wat gretig is om te luister.”
Ian vertel hulle het weens die inperking baie speelkanse verloor, maar sê dit het hom weer tyd gegee om tyd saam met sy gesin deur te bring en aan nuwe materiaal te werk.
Dit sal Sunset Sweatshop se eerste keer in Namibië wees. “Ons bring tonne gees na die ekspo en baie lekker vibes. Verwag 'n energieke vertoning!”
Hy sê die vermaak- en toerismebedryf gaan beslis hand aan hand. “Sekere dele in Kaapstad – as gevolg van musiek, kuns en kos – bekoor my. Dieselfde geld oral in die wêreld.
Sunset Sweatshop se boodskap aan ekspogangers en musiekliefhebbers in die algemeen, is om nie moed op te gee nie. “Hierdie sal oorwaai. Ons gaan julle nodig hê wanneer die wêreld weer terugkeer na normaal.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie