Op die web
Gesels saam onder aan artikels op ons webwerf.
Briewe: “Nié alleenlik 'n kwessie van hengel”:
Stem volkome saam. Ek is nie 'n Namibiër nie, maar kom 3-4 maal per jaar Namibië toe vir tot 3 weke 'n keer, wat ons 'n kleinhuisie vol geld kos. Ons is ook van die wetsgetroue mense wat by die reëls hou. Maar die tipe van verhoging kan ons as toeriste nie hanteer nie. Dit is werklik 'n onregverdige verhoging wat die inwoners van Namibië bitterlik gaan raak.
Die Boer: “In gesprek met Oeskoning Gerhard Engelbrecht”:
Baie interessant om hierdie artikel te lees. Baie geluk aan die Engelbrechts wat so voorspoedig boer. Lyk my julle grond is uit die hemele gemerk en geseën. Ek het ook 'n storie oor die meteoriet in my bundel Paddaboutjies, poffie-eigrims en briefies huis toe. . . wat hierdie jaar 'n Veertjie-toekenning van die ATKV ontvang het. Oom Koos Britz was my (stief-) oupagroootjie, Wessel Britz se jonger broer. Ons het sy storie oor die ontdekking van die meteoriet dikwels gehoor en dis opgeskryf in ons familiestories wat ek nou verwerk in my ander bundel, Die Kanniedood sal altyd bloei, wat 'n Pluimpie-toekenning ook van die ATKV gekry het. – Corina Becker
“Vang vis vir 'net' N$50”:
Belaglik! 1 rob vreet meer vis op as al die vis wat hengelaars moontlik mag vang. Ek bly langs kus en vang vis vir die afgelope 65 jaar. Vis is uitgeroei. Die bestaansvissermanne is die mense wat ondermaat vis vang en verkoop, wurms uithaal, ondermaat mossels uithaal en verkoop. Ek en ander vang vis vir ontspanning. Ek is verplig om my “hobby” te staak aangesien dit nou te duur geword het. Ek het menigmaal ondermaat vis by 'n viswinkel in Hentiesbaai gekoop, galjoen inkluis. Ek was onder die indruk galjoen is beskermde vis. Ek kan geen rede sien hoekom bestaansvissermanne vrygestel moet word van lisensies nie. Is dit nie tyd dat staatsdepartemente hulle huis in orde kry en streng finansiële dissipline toepas nie? Ons sien daagliks hoe staatsvoertuie vir plesier gebruik word. “Namibië is nie 'n ryk land nie'? Watter sogenaamde buurlande? – Willem Steenkamp

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie