Op die web
“ReconAfrica in nuwe storm oor boorwerk”:
Die twee toetsboorgate van ReconAfrica wat geboor is, Kawe BH-02 en Mbambi BH-01, is in die die Kaza-TFCA-gebied, die grootste natuur- en bewaringsarea in Afrika.
Dit strek oor ‘n gebied so groot soos Frankryk en word deur vyf lande, Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe, bestuur en bedryf.
Wie het vir ReconAfrica die boorpermitte gegee om in ‘n internasionale bewaringsgebied te boor?
Daar is navraag gedoen by ReconAfrika Kanada se hoofkantoor, by die regering van Namibië, by Kaza-TFCA en die Peace Parks Foundation, maar niemand het die korrespondensie of vrae beantwoord nie.
Die meegaande kaart bewys die boorgate is in die reusebewaringsgebied. Dit is onwettig om enige mynbou- of prospekteerwerk te doen in ‘n bewaringsgebied.
Deur die ontboming van die persele en die besoedeling daar is die natuurskoon beskadig – en dis alles onwettig.
Die permitte en lisensies van ReconAfrica moet teruggetrek word, en vernietig word. Die Kanadese firma behoort hul onwettige foute van die jaar 2021 in te sien, en hulle boorareas en die land Namibië te verlaat. – Klaus Gastrow

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie