Op die web
Op die web

Op die web

Dani Booysen
Gesels saam onderaan berigte op ons webwerf.

“Stukrag vir Noordoewerdam”:

Het julle al enige ondersoek ingestel oor hoeveel besproeiingsgrond en werksgeleenthede tot niet sal gaan met die konstruksie? Stroomop van Noordoewer sal ongeveer 2 000 ha besproeiingsgrond onder water wees. Hiervan is alreeds 550 ha ontwikkel en verskaf werk aan sowat 200 mense. - Gavin Wessels

Briewe: “Hoekom soveel dorpe in die land krepeer”:

Heil die outeur. Dirk, ek hoor jou en stem een honderd persent saam met jou; het al hierdie dinge gesien en gesien groei, maar my ou vriend, ons kan skryf, kerm en kla oor hierdie verval, en dit is net so goed asof ons ook in vingertaal kerm en kla, geen een van die verantwoordelike persone of instansies verstaan dit nie. Of sal iets daaraan doen nie. Kyk maar wat nou in Okahandja gebeur, toe al die paaie na moer is, klim die privaat sektor maar in en maak maar weer reg. – John Fourie

“Man ‘verbrysel meisie se gesig met ‘n klip’”:

Hoe sal ons as vroue onsself kan beskerm? Ek bly ook in Outjo en het dieselfde probleem. - Rozanne Cloete

SMS’e vir 30 Maart 2018:

Chinese is nie tydelik nie, hulle is hier om te bly. Eendag sal die hele land aan hulle behoort, die groot werkloosheid in hierdie land sal nog groter word, en die werkers en hulle kinders sal sonder inkomste en kos sit. - John Fourie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!