Op die web
“‘Ek is nie ‘n held’”:
Tulonga, in SA is jy ook ‘n held. Jy’t nie geskroom of oor kleur gedink nie, jou hart was reg. Dis lekker om te weet daar’s nog mense op voetvlak wat vir mekaar omgee al sê die politiek ook wat. Ek salueer jou. Ek sou dit ook vir enige kind gedoen het. Tulonga, Numeri 6:24 tot 27 vir jou en jou kinders familie en vriende, so ook vir baba Dex se familie en vriende en kennisse. Innige meegevoel aan al die partye wat ‘n geliefde verloor het in die ongeluk. Ons bid vir u. – Dawid Botha
“Baba oorleef gru-ongeluk”:
Alle sterkte en simpatie vir die familie van die oorledenes. Kry daai arme baba so jammer. – Johanna Strauss
Oom Daantjie Louw:
Totsiens Oom Daantjie. Jy het my eerste kar aan my verkoop, ‘n Ford 20M Coupe. U het ook my tweede kar aan my verkoop, ‘n Ford Ranchero V8. U broer "Alfred" het my gemaan teen die V8 se spoed! Dit was in 1973. Rus in Vrede, Oom Daantjie, u was ‘n arm klerk se beste vriend!!! – Sakkie Prinsloo
Sterkte aan sy vrou en familie. Hy sal groot gemis word. RIP, Oom Daan. – Tersia Bredenkamp
“Dáái gesprek is dalk nie so erg nie”:
Dogter-kind, ek lees jou rubriek/storie/hartsverhaal. Jy vat my raak, jy vat my DIEP raak. "Soos in Monty Python's Meaning of Life is die Dood 'n onwelkome gas – daai een wat almal so half hoflik probeer vermy. Tot hy reg voor jou kom staan." Ek is veel nader aan daai oomblik as jy, maar dankie vir jou insig. Praat met daai kind, beduie hom/haar soos jy doen, ons koes "per-oorlewering" te maklik weg van die idee van ‘n ewige lewe, want sê nou net dis ‘n wolhaarstorie??? – Sakkie Prinsloo

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie