Op die wieke van die wind

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Bitterwasser Lodge en Vliegsentrum het Sondag 'n mylpaal bereik met 100 sweeftuigvlugte wat oor 'n afstand van meer as 1 000 km elk gestrek het.

Volgens Bitterwasser het hulle oor die afgelope vier weke sowat 350 sweeftuigvlugte gehad waarvan 100 oor 'n afstand van 1 000 km gestrek het.

40 SWEEFTUIE

Daar is tans 40 sweeftuie op Bitter­wasser naby Uhlenhorst, wat suidoos van Windhoek in die Hardap­streek geleë is.

Namibië, en veral Bitterwasser, is wêreldbekend in sweeftuigkringe.­ As op die webtuiste www.flightradar24.com se lewende lug­verkeerkaart gekyk word, wemel die sweeftuie omtrent oor dié gebied.

Die meeste sweeftuie word in Duitsland­ vervaardig, maar die vlieëniers­ wat tans hul sweeftuig­vlerke by Bitterwasser­ sprei, kom van oral oor die wêreld, onder meer Amerika, Spanje, Italië, Nederland, Frankryk en ­Australië.

Die sweeftuigvlieëniers het net hoë lof vir die vliegveldbemanning by Bitter­wasser wat hard werk om te sorg dat die vlieëniers 'n ­onvergeetlike sweeftuigvakansie kan geniet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!