OP en Boland te sterk vir Namibiërs

T20-krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Namibië se nasionale o.19-krieketspan was gister by die Khaya Majola-kriekettoernooi in Pietermaritzburg teen die Oostelike Provinsie (verloor met 40 lopies) en die Boland (verloor met 47) in aksie.

Nadat Namibië Dinsdagnamiddag goed teen Mpumalanga in sy tweede kolfbeurt teruggeveg het, kon hulle gisteroggend nie dieselfde teen die Oostelike Provinsie (OP) by die Hilton Hart Davis-krieketveld by Michaelhouse Skool vermag nie.

Die OP, wat die lootjie gewen het, het eerste gekolf en kon net ’n beskeie 125 lopies vir die verlies van ses paaltjies op die telbord teen 6.2 lopies per boulbeurt plaas. Namibië se boulers het uitstekend op die boulaanval gevaar, maar kon in sy kolfbeurt nie daarin slaag om druk op die OP-boulers te plaas nie en kan met slegs 85/9 antwoord.

OP

Vir OP is Sonwabiso Tshona op nommer vier met 40 lopies (40 balle, 3x4, uitgehardloop Mauritius Ngupita) sy span se ster. Aiden Meyer teken 27 van 25 balle op nommer vyf aan (2x4, vang Stefan Bezuidenhout, boul Ngupita) terwyl die openingskolwer, James Mullins, 26 van24 aflewerings peper (4x4, vang Jaiz de Villiers, boul Nicol Loftie-Eaton).

J. de Villiers (1/24 in 4 boulbeurte, ekonomie 6), Ngupita (1/18 in 4 bb, ekon. 4.5) neem elk een paaltjie. Loftie-Eaton stuur 4 boulbeurte af en oes 2/21 (ekon. 5.3).

Sewe van Namibiese kolwers word ná gewaagde houe in hul toegelate 20 boulbeurte uitgevang. Die openingspaar Dian Neetling en Ramon Wilmot teken tussen hulle 46 van hul span se 85 lopies aan. Neethling se 21 kom van 26 balle (2x4, vang Luke Beaufort, boul A. Meyer) terwyl Wilmot 25 van 37 aflewerings behaal (1x4, 1x6, vang Ethan Frosler, boul Siphesihle Madlongolwana).

Met vier slagoffers (4/7, 4 bb, 1 leeg, ekon. 2.8) is A. Meyer die OP se suksesvolste bouler gevolg deur Siphesihle Madlongolwana (3/11, 3 bb, ekon.3.7) om Namibibië tot 85/9 te beperk.

Boland

By die Hilton Weightman Smith-krieketveld verloor Namibië weer die lootjie en ’n sterk Boland-span teken gemaklik teen 7.82 lopies per boulbeurt 157 vir die verlies van drie paaltjies aan. Namibië vaar beter met die kolf en teken teen 5.5 per boulbeurt 110/8 in sy 20 boulbeurte aan.

Boland se openingspaar Ruan Terblanche (7, 11 b, 1x4, vang Addo Iita, boul M. Ngupita) en Lathitha Plaatjies (0, 2 b, vang en boul J. de Villiers) word goedkoop uitgeknikker.

Dit is egter Andrew Whaits op nommer drie (65, 45 b, 11x4, vang Ettienne Beukes, boul R. Wilmot) wat die Namibiese boulaanval uitmekaar ruk. Hy word uitstekend deur Ruben Senekal op nommer vier ondersteun wat self die wilgerlat inlê om 46*(nie uit nie) van 44 aflewerings te moker wat twee viere insluit. Juan Wilson (29*, 18 b, 2x6) staan onoorwonne vir die laaste lopies.

J. de Villiers (1/34, 4 bb), M. Ngupita (1/16, 4 bb) en R. Wilmot (1/44, 4 bb) is die enigste boulers wat sukses smaak.

Vir Namibië is D. Neethling (32, 30 b, 1x4, 1x6, beseer) goed op dreef met die kolf, maar J. De Villiers word vir ’n nulletjie deur Katleho Nkopane uitgehardloop. Kaptein Divan La Cock (22, 26 b, 1x4, 2x6, boul Gillad Ben Oved) teken sy span se tweede meeste lopies aan gevolg deur N. Loftie-Eaton (20, 15 b, 3x4, vang A. Whaits, boul Oved).

Anele Matya met 3/18 (4 bb) is Boland se topbouler gevolg deur Oved wat 2/28 in sy vier boulbeurte bewerkstellig. Jaydin Booysen (1/14, 4 bb) en Katleho Nkopane (1/14, 2 bb) trek elk een paaltjie vir ’n sege plat.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!