OP lok Snorre, Blitsbok u00e9n Bok om toppos
OP lok Snorre, Blitsbok u00e9n Bok om toppos

OP lok Snorre, Blitsbok én Bok om toppos

Rugby
Brenden Nel – Die wedloop om die afrigters-pos van die Oostelike Provinsie kan ’n driestryd word tussen oud-Bok-afrigter Peter de Villiers, oud-Bok Deon Kayser en oud-Blitsbok Jonathan Mokuena.
Die sperdatum vir aansoeke het Vrydagmiddag verstryk en hoewel hy nie name wou verklap nie, het OP Rugby se president, André Rademan, erken daar was “talle aansoeke” vir óf die pos van hoofafrigter óf vir die pos van o.20-afrigter.
Dié week sal die unie begin om die aansoeke te bekyk, waarna ’n kortlys opgestel sal word om hopelik binnekort die nuwe afrigter te kan aanstel.
“Ons het nog nie na al die aansoeke gekyk nie, maar die siftingsproses sal nou begin. Ons sal dan na onderhoude toe beweeg waarna die komitee ’n aanbeveling sal maak. Die uitvoerende bestuur sal daarna ’n aanstelling maak,” het Rademan gesê.
De Villiers – die oud-Springbok-afrigter wat nog taamlik onlangs in Zimbabwe afgerig het – is die gunsteling om die pos te kry.
Mokuena sukkel om nog ’n pos te kry nadat hy met die Pukke die Varsity-beker in 2016 verower het.
Oud-Bok Deon Kayser is al jare in afrigting en is tans die bestuurder by die Haaie se Akademie. Hy rig daar al af sedert 2007.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!