Op ’n ander noot
Lloyd Zandberg – Musiek is haar storie, en Marianne Wilders weet stories is die beste manier om hierdie wonderwêreld aan kinders oor te dra.
Sy is die skrywer van Stories op Note, ’n kinderstorieboek met musiek as tema, en sê die skryf daarvan was soos die geboorte van ’n kind.
Marianne is in Namibië gebore en getoë en is die enigste dogter van ’n Afrikaanse pa en Finse ma. Haar familie is letterlik oor die wêreld heen versprei tussen Finland, Australië en Amerika.
Ná skool het Marianne aan die Windhoekse Onderwyskollege gaan studeer. Aanvanklik het sy met preprimêre studie begin, maar is deur dr. (Naam?) Jancowitz oorgehaal om haar kursus na musiek te verander.
“Iets waarvoor ek hom altyd dankbaar sal wees,” sê sy.
“Ek het klasmusiek en individuele musiekonderrig by Hoërskool Academia, Laerskool Suiderhof en Windhoek Afrikaanse Privaatskool gegee.
Met die geboorte van haar eerste seun het sy onderwys vir eers gegroet en musieklesse tuis gegee.
“Ná my vierde seun se geboorte was ek (meestal) voltyds ma. My kreatiwiteit het stimulasie nodig gehad en so tussen die babas deur het ek onder meer kunsklasse, pottebakkery, naaldwerkkursusse en fluitlesse geneem.”
Marianne sê mense betower haar.
“My man sê graag hy dink mense is eintlik my stokperdjie! Ek is ontsettend dankbaar vir my familie en vriende.”
Kollig het Marianne oor haar boeke, skryfwerk en ander lewensraaisels gepols.
Hoe het dit gebeur dat jy begin skryf het?
My ma is eintlik die een met die interessante storie en heel moontlik my grootste inspirasie om te skryf. Sy het as jong vrou Namibië toe gekom om as verpleegster sendingwerk in die Noorde te kom doen. Haar familie was baie ver en die enigste manier hoe sy hulle deel van haar lewe kon maak, was om te skryf – briewe, dagboeke en boeke vol gedagtes oor haar gesprekke met die Here wanneer sy Bybelstudie gedoen het.
My skryfproses het as jongmeisie ook met briewe begin – dikwels in Engels, want my familie het nie Afrikaans verstaan nie. ’n Afrikaanse onderwyseres op hoërskool het my nuuskierig oor die skryf van stories en gedigte gemaak. Ek het begin om my emosies, waarvan tienermeisies ’n oorvloed het, in gedigte te verwoord. In my matriekjaar het ek leer kitaar speel en liedjieskryf ontdek. ’n Paar jaar voor my ma se dood het ek haar gehelp om haar lewensverhaal neer te skryf. Dit was ’n baie spesiale proses en natuurlik nog ’n stukkie motivering om self te skryf.
Vertel vir ons meer van Stories op Note.
Stories op Note is ’n kinderstorieboek waarin stories met musiektemas gekombineer word. Die boek bevat 10 stories, elk met die fokus op ’n ander musiek-aspek, soos byvoorbeeld dinamiek (hard en sag), soorte instrumente en nootwaardes. Elke storie het ook ’n verduideliking van die spesifieke musiektema in die vorm van ’n “Het jy geweet?” aan die einde van elke storie. Agterin die boek is ’n lys van voorbeelde van musiekstukke wat by die verskillende storietemas pas. Die pragtige, kleurvolle illustrasies is deur Elfie Dierking, ’n grafiese kunstenaar van Swakopmund, gedoen.
Hoe het die idee vir jou boek ontstaan?
Stories op Note is amper soos my vyfde baba wat gebore is, met die verskil dat ek dit nie net nege maande lank “gedra” het nie. Dit het byna agt jaar geneem! Ek het in die tyd wat ek klasmusiek gegee het, begin om stories oor musiek te vertel. Dit het só goed gewerk dat ek so te sê gedwing was om gereeld ’n nuwe storie te skryf. Die kinders het eenvoudig op die mat kom sit en baie entoesiasties gevra na watter storie hulle dié dag gaan luister. Later het ’n ma my gevra waar sy die boekie met die stories kan koop, want haar dogtertjie kom vertel ná elke musiekperiode die storie wat hulle daardie dag gehoor het. Dit het my laat besef daar is ’n behoefte aan ’n kinderstorieboek met musiek as tema.
Gaan ons nog boeke uit jou pen sien?
Ek is besig om die boek in Engels te vertaal. My kop is nog vol stories en ek het ’n paar gedigte waarmee ek rondspeel, maar tyd sal leer.
Dink jy vandag se kinders lees nog?
Ek glo daar sal altyd kinders wees wat van lees hou en besef watter wonderwêreld in boeke opgesluit is. Tye is besig om te verander en natuurlik sal dit kinders se manier van lees beïnvloed. Ek bly egter positief dat daar kreatiewe maniere is om lees lekker te maak. Kyk maar net hoe die tegnologie reeds hierby aangepas het met e-boeke en elektroniese toestelle waarop jy ’n magdom boeke kan laai. Die kinder- en jeuglektuur wat tans beskikbaar is, maak my baie opgewonde. Hoe kan kinders anders as om nie een of ander tyd ’n boek in watter vorm ook al op te tel nie?
Het jy enige musikale agtergrond?
Musiek het ek al met moedersmelk ingekry. Beide my ouers was musikaal en al het hulle nie die geleenthede gehad om formele onderrig te ontvang nie, was musiek maar altyd deel van ons huishouding. Ek onthou hoe my pa op sy kitaar gespeel en gesing het as vriende kom braai, of my ma wat ’n nuwe liedjie op die klavier uitprobeer.
In standerd 3 (graad 5) het ek met klavierlesse begin en in die hoërskool kitaar leer speel. Ek het my hele skoolloopbaan lank koor gesing.
Ná skool, tydens my studies, het ek orrel leer speel en was ek orrelis in die kerk vir ekstra sakgeld. Ek was nog altyd lief vir sing en het ook sanglesse geneem om my stem te ontwikkel.
In 1997 het ’n vriendin ’n dwarsfluit aan my geskenk en het ek besluit om my hand daaraan te waag. Dit het my gunstelinginstrument geword.
Tydens my onderwysjare het ek klavier-, blokfluit- en kitaarlesse, en klasmusiek gegee. Ek was ook verantwoordelik vir die koor, klaskonserte en verhoogproduksies.
My onvergeetlikste ervaring was die musiekblyspel Pretville, wat ek en my kollega Trudie Crous by Windhoek Afrikaanse Privaatskool aangebied het. Ons het ’n jaar lank aan die musiek, dekor, kostuums ensovoorts voorberei. Dit was ’n heerlike reis vol uitdagings met ’n kollega wat dit soveel pret gemaak het. Die kinders was ongelooflik.
Watter instrumente kan jy alles speel?
Klavier, blokfluit, orrel, kitaar en my hartsinstrument, die dwarsfluit.
Waar is jou boek beskikbaar?
Stories op Note kan by my bestel word by [email protected] of gekoop word by Anré’s Books, Windhoek Book Den, Namibian Book Market en Take Note. Boekwinkels op die platteland is welkom om my te kontak as hulle die boek wil koop.
Wat is jou gunstelingboek?
Sjoe, dis ’n moeilike een! My gunstelingboek is die een wat ek besig is om te lees. Ek is baie lief vir lees. My gunstelingboeke sluit in ’n goeie speurverhaal van onder andere Deon Meyer, Baldacci, John Grisham, of geestelike romans van onder andere Dee Henderson, Francine Rivers, biografieë oor inspirerende mense soos Richard Wurmbrandt, Broer Andrew, The Heavenly Man: Brother Yun en Afrikaanse boeke van byvoorbeeld Irma Joubert, Dalene Matthee of Susan Coetzer. Vakansietye geniet ek ook boeke wat nie baie dinkwerk vereis nie. Regte chicklit. Net nie te veel nie, soetsappigheid kan my verveel. En natuurlik my Bybel. Dit raak net nooit oud nie. Ek is telkens verstom oor hoe prakties en van toepassing dit steeds op ons lewens is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie