Op ’n ander planeet
Elvira Hattingh
Wetenskaplikes vermoed dit reën diamante op die planete Saturnus, Neptunus, Jupiter en Uranus - die geheimsinnige planeetreuse van ons sonnestelsel. Verbeel jou . . . so volop, dis nie eers meer kosbaar nie.
Maar dít is natuurlik net waar as jy op ‘n ander planeet sou leef.
Uranus het die afgelope dae sy naaste punt aan die aarde bereik – maar ongeag sy grootte, is dit bykans ontmoontlik om hom met die oog te sien. Jy kort minstens ‘n verkyker of ‘n teleskoop.
Ek stel hierin belang, omdat alle plase in Namibië steeds nie elektrisiteit het nie.
Wag, ek het nie skielik mal geword nie, die storie werk so: Danksy dié feit het ek vroeg in my lewe ‘n onsettende liefde vir lees en ‘n belangstelling in sterre, planete en die ruimte ontwikkel.
My beroep vandag is waarskynlik ook te danke aan die feit dat ek baie gelees het.
Die som is eenvoudig: As daar nie elektrisiteit is om televisie te kyk nie, lees jy, want jy is verveeld. Jy lees selfs by ‘n paraffienlamp as dit donker raak. Saans sit julle as ‘n gesin onder die helder naghemel en tel satelliete en bespreek die sterre. En planete. En die massiewe, vreemde wêrelde daar buite.
Jy het tyd om te dink. Te wonder en jou te verwonder.
Maar ek dwaal af. Dié skrywe gaan nie oor waarvan televisie die moderne samelewing en kinders beroof nie. Dit gaan oor die wonder daar buite.
Ek kan nie help om soms te wonder hoe dit sou wees om net vir ‘n oomblik op ander planeet te kan staan (of sweef of vlieg?) nie.
Oukei, ek is van planeet aarde en weet ek sal dit waarskynlik nie oorleef nie. Daar is giftige gasse en drukking en temperature en bestraling om in ag te neem. Maar gestel ek kan in ‘n bubble daar land wat my 100% sal beskerm. Wat sal ‘n mens sien? Rooi riviere, pers vulkane, mega-storms?
Diamant-reëns?
Jy kan jou net indink – wat ‘n vreemde wêreld, daar elders. En een van die wat waarskynlik die minste aandag trek, is die vaalblou Uranus.
Dit is die koudste planeet in ons sonnestelsel en ook ietwat lui – hy lê op sy sy terwyl hy rondom die son wentel, met seisoene wat 42 jaar lank duur. Hy het ook 27 mane. En ringe.
Wat ‘n wêreld!
Valie se buurman is Jupiter, die oudste en grootste planeet in ons stelsel. Jupiter se maan, Europa, het riviere met rooi ys. Op Jupiter self, ons sonnestelsel se grootste planeet, vloei riviere van ammoniak.
Sy vier grootste mane is netso fassinerend, met Io wat voortdurend vulkaniese uitbarstings het. Dit is ons sonnestelsel se mees vulkanies-aktiewe liggaam, terwyl Europa dalk ‘n diep see onder sy yskors het.
Hierdie is nie eers ‘n oorsig oor al die planete en hemelliggame in ons sonnestelsel nie. Wat nog te sê van die honderde, duisende, miljoene, miljarde voorwerpe in ons nagruim?
Daar lê ‘n ontdekkingsreis aan die anderkant van verveeldheid, daar lê ‘n ander planeet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie