Op safari tydens inperking
Die fotograaf, dokter en toegewyde pa Rian van Schalkwyk het vroeër vanjaar vertel van sy nege maande lange reis deur agt Afrikalande en sy besoek aan 27 nasionale parke.
Sy fotoboek, Safari with Nina, is in Juniemaand bekendgestel, ’n mylpaal in sy loopbaan.
“Dit gaan oor die laagtepunte en hoogtepunte om met ’n vierjarige te reis en te kamp,” het hy tydens ’n onderhoud met Kollig gesê. Die Nina in die boektitel is natuurlik sy vierjarige dogter.
Hy is vanjaar as een van die finaliste van die Africa Geographic Photograper of the Year-wedstryd aangewys, waar hy teen 37 853 ander inskrywings meegeding het.
Hy het vertel hy sal graag in die toekoms ’n koffietafel-styl album wil bekendstel en moontlik ’n uitstalling reël sodra omstandighede dit weer toelaat.
Een van dié drome is bewaarheid en Van Schalkwyk het verlede aangekondig Safari with Nina is uiteindelik in hardekopie-formaat beskikbaar, waar dit aanvanklik net as ’n e-boek beskikbaar was.
“Dit is wonderlik om deur die boek te blaai en ons avontuur te herleef,” het hy op Facebook geskryf, en bygevoeg dat Nina ewe opgewonde is.
Hy het beplan om op 8 Augustus ’n foto-uitstalling te hou, maar weens die nuwe inperkingsmaatreëls moes die geleentheid ongelukkig uitgestel word.
“Dit is ’n moeilike tyd om so ’n geleentheid aan te bied, aangesien die veiligheid en welsyn van ons kliënte die nommer een prioriteit is. Ons sal binnekort op ’n toekomstige datum besluit, aangesien die lewe maar effens vervelig is sonder diere, kuns, wyn en nuwe vriende.”
Vir meer besonderhede oor Safari with Nina, stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie