Op soek na antwoorde
Op soek na antwoorde

Op soek na antwoorde

Mandy Rittmann
ATTIE G J VAN WYK SKRYF:

“Na vorige aande se gesprekke, vind ek dit noodsaaklik na al die oproepe om hierdie les te gee aan mense wat sukkel met sielswonde. Ongelukkig kan ek nie voltydse berading gee, dit vat baie tyd om op jou knieë voor die Here te bly.”

Dit was Martin Dentlinger se woorde op 12 Junie 2016.

Wat het intussen gebeur, dat jy verbitterd is, meneer die geestelike berader? Was dit 'n onderduimse plan om die Bastervolk te beïndruk?

Die bekgeveg en onophoudelike aanvalle op individue beskou ek niks minder as intimidasie, karakter­skending en beledigings nie. Hierdie propaganda is niks minder as verdagmakery nie. Jou verbittering raak 'n verleentheid en laat blyk asof jy die slagoffer is.

Nefie, indien jy soveel imbors en hoë morele waardes gehad het, sou jy die ”waarnemende kapteinskap” van die hand gewys het. 'n Waarnemende kaptein is volgens wet die langs­dienende kapteinsraadslid. Jy was nie op die kapteinsraad nie en jou geraas maak nie sin.

Aansprake dat daar geen teenstem was met jou voorstelling nie is 'n infame leuen. Geen vrae by jou voorstellingsvergadering het jy toegelaat nie. Jy het die volk ontneem van hul reg om jou bevestiging te bevraagteken.

Dit is duidelik dat jy nie 'n benul van die Vaderlike Wet het nie. Die kaptein word deur die volk verkies en sluip nie soos 'n dief by die agterdeur in nie.

Dit is verblydend dat jy dit duidelik maak dat jy “onwettig” onthef is van die posisie. Dit is net regverdig om te kyk na die tydperk wat jy die sogenaamde kapteinstitel gedra het.



VERANTWOORDING

Waarom het jy toegelaat dat die kapteinswoning uitverhuur word? Waar is die finansiële verslae en verhuringskontrakte vir daardie tydperk? Was daardie verslae ooit aan die volk voorgelê? Watter poging/s het jy aangewend ter oordrag van die kapteinswoning en waar is sodanige dokumentêre bewyse? Ek verstaan jy en die buitelandse eklesia beweging het planne gehad met die kapteinswoning?

As “waarnemende kaptein” was dit immoreel om tekenreg op bank­rekenings te hê. Ek het jou verskeie kere in die bank gekry waar jy der duisende dollars op meer as twee geleenthede getrek het. Waarheen was daardie fondse gekanaliseer? Het jy ooit van daardie onttrekkings en finansiële verslae rekenskap gegee? Waar is daardie resolusies?

Ons wag sedert 2014 vir ­finansiële en algemene verslae, insluitende terugvoering oor die KhoiSan-“uitstappies” na Johannesburg, asook jou weeklange uitstappie na Johannesburg vroeër vanjaar. Ander finansiële verslae van jou uitstappies na Johannesburg en Kaapstad is ook steeds uitstaande. Kan nogal 'n duur affêre wees?

Vroeër vanjaar was ek in 'n vergadering waar jy versoek het vir 'n plaaslike notaris. Ek verstaan dat die afspraak gemaak was, maar op jou aandrang gekanselleer was. Wie het daardie kansellasiefooi betaal? Daardie afspraak was uiteindelik nagekom en steeds wag die gemeente vir terugvoering.

Dit is 'n ope geheim dat die gemeente betaal vir jou “sogenaamde studies” by die eklesia sekte. Hoeveel was dit en waarom hou jy dit geheim vir die gemeente?

Ons hoor niks of sien geen deursigtigheid nie.

Watter pogings het jy as “waarnemende kaptein” aangewend om die vermiste N$238 000 te verhaal? Waarom kry die volk nie insae in daardie boeke nie?

Die finansiële opset by die kapteinskantoor klink chaoties. Kan jy my kwalik neem as ek wonder hoe die administrasie lyk? Waar is die resolusie/s oor die aanstelling van die kantoordames?

Enige spandabelrigheid is onaanvaarbaar.

Waarom moet daar aan jou verslag gedoen word en jy rekord hou, as jy nie meer die sogenaamde "waarnemende kaptein” is nie?

Ongeag of jou “fire"-brief nie deur almal onderteken was nie, Oom John McNab en die kapteinsraad sou jou nie “fire” sonder 'n resolusie nie.

Wees verseker, ek deel jou smarte, ou neef.



DIE BRIEWE AAN HAGE

Wat betref die sogenaamde “kennisgewings” aan die staatshoof: waarom hoor ons niks van sy reaksie nie?

Watter positiewe bydrae het jy en hierdie eklesia vir die afgelope twee jaar gedoen? Waar in die wêreld bestaan hierdie eklesia-gemeenskap/pe wat jy in ons kele afdruk? Wat is die voor- en nadele van eklesie? Alleenlik kan die volk besluit, nie diktators nie.

'n Soewereine entiteit maak sy eie wette, regeer onder sodanige wette, doen geen verantwoording aan niemand nie en sluit voordelige kontrakte.

Eerstens is die kapteinskantoor (infrastruktuur) onderhewig aan die wet van die dorpsraad. Daarom het die kantoor eensydige kontrakte geteken vir dienste (water, elektrisiteit, ens.).

Tweedens is daar 'n titelakte en ander vorms van belasting. Die dorp word bestuur onder die Plaaslike Owerheidswet.

Derdens is daar 'n bankrekening met kondisies, met jou as ondertekenaar. Met bogenoemde voorbeelde, waar is die sowereine status waarvan jy tot vervelens praat?

Word wakker uit jou droomwêreld.

Vir meer as vyf jaar as sogenaamde "kaptein” het ons niks minder as onaanvaarbare gedrag gesien en gehoor nie.

Stop met jou misleiding van die volk. Dit is afbrekend vir die moraal van die gemeenskap, wat deur soveel traumas en teleurstellings gegaan het.

Die Rehoboth-regering het jou giftige tong en pen nie gespaar gebly nie. Maar jy vergeet dat jy die room afgeskep het as bestuurder. Daardie instellings het jou wyd en syd gestuur vir opleiding.

As raadslid in die dorpsraad, wat het jy vermag? Die burgers is steeds sonder burgererwe.

Waarom het jy as sekretaris-generaal by die UPM weggesluip?

Leiers word gebore, maar diktators word geskep.

As “waarnemende kaptein” was jy instrumenteel met instruksies aan die prokureur tydens die erwehofsaak gedurende 2014 tot 2017. Wat was jou bydrae dat die saak verloor was?

Die sogenaamde bedanking van Oom John McNab is misleidend. Sy amp is lewenslank. Daarom was jou aanstelling betwis.

Is daar dalk suur druiwe? Dieselfde maat waarmee jy meet, gaan jou ook meet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!