Op soek na u2019n beter skuif
Op soek na u2019n beter skuif

Op soek na ’n beter skuif

Helene Bam
Caro Horn van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Die ontwikkeling van skaak het ’n hupstoot gekry by die Privaatskole­naweek 2017 toe 128 leerlinge van regoor die land teen mekaar deelgeneem het.
Daar was massadeelname dié naweek met 32 spanne, waarvan 14 hoërskoolspanne was. Die hoërskool het in drie afdelings teen mekaar meegeding terwyl die laerskool in twee afdelings deelgeneem het wat onder­skeidelik uit veertien spanne (graad 4 tot 7) en vier spanne (graad 1 tot 3) bestaan het.
Die toernooi was puik gereël deur me. Ria Schultz bygestaan deur me. Linda Horn van Windhoek Afrikaanse Privaatskool. Die toernooi het stiptelik om nege uur op Woensdag, 31 Mei 2017 begin. Elke ronde het op tyd begin. Die spelers het sewe rondtes elk gespeel, behalwe die graad 1 tot 3-afdeling wat net vyf rondes gespeel het.
Mnr. Charles Eichab, die skaakafrigter van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, het die lotings gedoen voordat die toernooi begin het. Enige probleme tydens die wedstryde is spoedig opgeklaar deur die arbiters, mnr. Immanuel Gariseb, die skaakafrigter van die Erongostreek, en me. Lishen Mentile, die skaakafrigter van Windhoek Afrikaanse Privaatskool.
Goeie sportmangees is tussen die skaakspelers opgemerk.
Die skaakspelers het die saal met ’n glimlag verlaat, of hulle nou gewen of verloor het. Buite die saal is nuwe vriendskappe gevorm deur die analisering van die vorige ronde se wedstryde.
Die skaakspelers het duidelik nie genoeg skaak gespeel nie, want sodra hulle die saal verlaat, daag hulle mekaar uit om vriendskaplike wedstryde te speel.
Die skaakspelers het vir mekaar wenke gegee tydens die vriendskaplike wedstryde. Die skaakspelers van die verskeie skole het baat gevind by die afrigting deur mnr. Immanuel Gariseb tussen rondes.
Die skaakspelers het hul volle samewerking gegee om die toernooi ’n sukses te maak. Al die spelers was betyds vir hul wedstryde.
Die spelers het herhaaldelik bewys dat daar vir elke goeie skuif ’n beter skuif is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!