Op Tivoli word met skape én sterre geboer
Namibiese boere besef lankal die noodsaaklikheid van diversifisering sodat hulle nie net op boerdery as ’n inkomste hoef te steun nie.
Om hierdie rede is verskeie skaap- en beesplase die afgelope dekade of twee omskep om ook trofeejagters en toeriste te akkommodeer.
Die verskil tussen Tivoli en ander gasteplase is egter dat die eienaars, Reinhold en Kirsten Schreiber, die toerismepotensiaal in ’n ongewone, maar onuitputbare en immer beskikbare natuurlike hulpbron naamlik sterre, raakgesien het.
Namibië word saam met Chili en Hawaii gereken as die wêreld se drie topbestemmings vir sterrekykers. Die rede? Die nagte is baie donker en die lug is droog wat die sigbaarheid verbeter. Soos Kurz-Peter Zirn, ’n stokperdjie-sterrekyker uit Duitsland dit stel: Op Tivoli sien ’n mens in drie weke soveel soos wat jy in drie jaar in Duitsland sien.
Hy was op die plaas om met spesiale toerusting foto’s van sterre te neem toe Republikein Tivoli in 2010 besoek het om meer oor hierdie vorm van agritoerisme uit te vind.
Tivoli behoort sedert 1964 aan die Schreibers en dit was tot die erge droogte van 1995/96 ’n voorste karakoelplaas. Reinhold en Kirsten het in daardie stadium in Duitsland gewoon en sy ma, Gisela, wat sedert sy pa Friedrich se dood in 1980 alleen die boerdery behartig het, het hom ná die droogte gevra om terug te kom plaas toe.
Die sterrekykery het toevallig in 1986 sy ontstaan gehad toe belangstellendes van oral oor na Namibië met sy donker nagte en helder, oop hemelruim gestroom het om na Halley se komeet te kom kyk. Die bekende komeet maak net een keer elke 76 jaar sy verskyning. Die plaas Hakos in die Khomas Hochland met sy private sterrewag kon nie die toestroming van mense hanteer nie en sodoende het ’n groep sterrekykers op Tivoli beland.
Hierdie gebeurtenis het sterretoerisme op Tivoli aan die gang gesit. Die groep besoekers het dit so geniet dat hulle ’n teleskoop op die plaas gelaat het om dit weer te kom gebruik.
Kort voor lank het ander stokperdjie-sterrekykers in Duitsland ook van Tivoli geweet. Toe Reinhold en Kirsten in 1997 op die plaas gekom het, het hulle besluit om hierdie unieke aspek verder uit te bou.
Hulle het nog teleskope aangeskaf en staalhuisies waarvan die dakke oopskuif, is opgerig om die teleskope met hul voetstukke te huisves. Daarbenewens is ’n biblioteek met boeke en vaktydskrifte oor sterrekunde op die plaas ingerig en goed toegeruste rondawels is gebou waarin die sterrekykers kan tuisgaan.
Reinhold sê omdat sterrekykery ’n nismark in die toerismebedryf is, moes bedrywighede op die plaas na die besoekers se behoeftes aangepas word.
“Die gaste kyk snags sterre en rus meestal bedags.
Dit beteken hulle wil nie snags deur flits- of ander wit ligte gesteur word nie en bedags soek hulle stilte.
“Ons voordeel is dat die land nie dig bevolk is nie en daar ook nie baie ligte in die nag is nie. Foto’s wat uit die ruimte geneem is, wys Afrika se yl bewoonde gebiede is van die donkerste plekke op Aarde,” sê Schreiber.
Daarby is die klimaat droog en is daar selde wolke, weerlig of vogtige dynserigheid, veral in die wintermaande. Daarom ontvang hulle besoekers van April tot September. Die besoekers kom gewoonlik van een week voor tot een week ná nuwemaan.
“Hulle kom ook net in die wintermaande omdat die lug dan droog is en die nagte wolkloos. Dit beteken dit kan baie koud raak wanneer hulle snags in die sterrehuisies sit. Daarom rig ons die rondawels so in dat hulle snags vir hulle tee, koffie, warm sjokolade of sop kan maak om te drink.”
Die staalhuisies waarin hulle sit en na die sterre kyk, het ook net rooi ligte in omdat lig van gewone gloeilampe die pupille vernou.
Sterrekykers se pupille moet so wyd as moontlik oop wees sodat hulle die beeld deur die teleskoop se lens beter kan waarneem.
Reinhold sê Tivoli kan twaalf tot veertien sterrekykers op ’n slag huisves. Hulle gebruik verskillende spieël- en lensteleskope met verskillende buislengtes en vergrotingskragte om die stokperdjie te beoefen.
Die teleskope word op ’n elektroniese voetstuk gemonteer wat teen dieselfde spoed as die aarde beweeg om te verhoed dat die beeld van die ster ’n streep vorm. Van die besoekers bring hul eie toerusting saam en ander los hul teleskope daar sodat die Schreibers dit namens hulle kan verhuur.
Hoewel sommige besoekers net daarin geïnteresseerd is om die naghemel en sy liggame te bestudeer, stel ander belang in sterrefotografie.
Hulle koppel kameras aan die teleskope en herlei die beelde na hul rekenaars.
Op Tivoli word egter nie nét met sterre “geboer” nie. Reinhold het ook ’n karakoelstoet en boer verder ook met Damaraskape en Bonsmarabeeste op die 13 000 ha plaas.
Navrae: Reinhold Schreiber; Plaas Tivoli, Uhlenhorst Namibië, tel. 00264 62 581 405; e-pos: [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie