Op wieke van die wind by Bitterwasser
Die Bitterwasser Internasionale Vliegklub en Lodge op die plaas Bitterwasser naby Uhlenhorst is internasionaal bekend vir die wêreldrekords wat sweefvlieëniers van oral in die wêreld hier opgestel het.
Die warm opwaartse strome in die omgewing word as van die ideaalste in die wêreld vir sweefsport beskou.
Die vader van sweef in Namibië en die man wat Bitterwasser op die wêreldkaart geplaas het, was Peter Kayssler. Hy het reeds in die dertigerjare as skoolseun op Swakopmund die eerste keer met sweeftuie kennis gemaak. Tydens sy hoërskoolloopbaan in Duitsland breek die Tweede Wêreldoorlog uit en hy kry die geleentheid om verdere vliegervaring as lugmagsoldaat in die Luftwaffe op te doen.
Hy keer in 1949 vir die eerste keer terug na die destydse Suidwes-Afrika en in 1955 huur hy die plaas Bitterwasser by sy tante en word later ook die eienaar daarvan.
Op 25 Oktober 1960 styg die eerste sweeftuig op Bitterwasser op. In die daaropvolgende jare word baie wêreldrekords hier opgestel en in 1969 kom die eerste gas uit Duitsland hier sweef.
Teen die einde van 1993 verkoop Kayssler die plaas aan ’n Switserse konsortium en hy tree op Swakopmund af. Hy sterf op 16 Oktober 1999 in die ouderdom van 75 jaar.
’n Nuwe fase vir sweefkuns in Namibië word ingelui toe Bitterwasser ook ’n pragtige lodge bou waar hoofsaaklik buitelanders tuisgaan wanneer hulle kom sweef.
Ongelukkig is daar slegs ’n handjievol Namibiërs met sweeflisensies oor. Daar is egter min van hulle wat soos die buitelanders die sogenaamde landloop-sweef of “cross-country” beoefen. Een van hulle is Jos van der Merwe, wat op die plaas Pokweni ’n ent daarvandaan boer. Hy kon dit op 26 Desember 2010 regkry om binne 8 uur en 30 minute ’n Namibiese rekord van 1 118 km te sweef op te stel. Om hierdie prestasie te kon bereik, het hy binne die toegelate vyf draaipunte teen ’n snelheid van 131,5 km/h gevlieg. Jos sê die Namibiese weer is as van die heel beste in die wêreld bekend vir marathon-sweef en maak dit vir sweefvlieëniers moontlik om die maksimum aantal kilometers binne een dag te kan sweef.
Hoewel dié sport nie deur baie Namibiërs beoefen word nie, is daar tienduisende deelnemers in meer as 50 lande in die wêreld. Tydens ’n sweefkompetisie of – kampioenskap, neem vlieëniers op gelyke terme oor ’n tydperk van gewoonlik twee weke deel. Die take vir elke dag word bepaal en so bou die deelnemers ’n finale punt oor die tydperk op.
Om suksesvol te wees, moet die sweeftuig vinnig hoogte bereik en in verskillende tipes weersomstandighede vinnig kan vlieg. Om dit reg te kry, moet die vlieëniers die warm opwaartse lugstome as energiebron gebruik. Hulle kan bepaal waar hierdie opwaartse strome is deur na die wolkformasies te kyk, of ander sweeftuie en voëls dophou.
Soms is kennis van die tipografie op die grond en die ontwikkeling van plaaslike weersomstandighede die enigste manier om in die lug te bly.
Partykeer is die enigste manier om hoogte te verkry deur in warrelwinde te vlieg. Warm lug ná aan die aarde is ligter is die lug hoër op in die atmosfeer en wanneer dit vinnig in kolomme boontoe styg, noem vlieëniers dit opwaartse lugstrome of “thermals”.
’n Mens kan dit ook as warrelwinde beskryf, verduidelik Jos.
Sweef is een van die oudste lugsportsoorte en is so vroeg as 1895 al deur Otto Lillenthal in Duitsland beoefen.
Ricky Poulton, afgetrede skoolhoof van Hoërskool Mariental, bestuur deesdae Bitterwasser namens die konsortium aan wie dit behoort. Hy sê die vlieëniers bring jaarliks net ’n paar weke in Desember en Januarie op Bitterwasser deur. Hul sweeftuie word in skeepvraghouers van Walvisbaai af na die plaas toe aangery, waar dit vir aanmekaargesit word.
Sommige sweeftuie werk moet elektrisiteit en ander word met ’n Cessna in die lug opgetrek. Soggens ná ontbyt kom al die vlieëniers bymekaar vir inligting oor die verwagte weersomstandighede van die dag, die windspoed en ander noodsaaklike inligting. Daarna sit almal af na die groot pan neffens die lodge waarvandaan die sweeftuie opstyg.
Hy sê hy is telkens verstom om te sien met hoeveel liefde en versorging die vlieëniers na hul sweeftuie omsien. “’n Mens kan dit seker verstaan as jy in ag neem dat van hierdie sweeftuie meer as ’n N$1 miljoen kos.”
Die lodge bied akkommodasie vir 80 mense. Dit sluit die 12 rondawels is wat die eiendom van individuele vlieëniers is.
Ricky en sy span is baie opgewonde oor die nasionale braaikompetisie wat voorlê en sê dit sal ’n eer wees om vir die deelnemers en besoekers gasheer te speel.
Buiten die beskikbare akkommodasie, gaan kampplekke ook ingerig word. “Die braaikompetisie sal goeie blootstelling wees vir Bitterwasser,” meen Ricky.
Kayssler as reënmaker
Nadat Peter Kayssler in 1955 op Bitterwasser begin boer het, tref sy eerste droogte hom in 1958. Om donderwolke met silwerjodiet te bestrooi en sodoende kondensasie en reën te veroorsaak, was toe geruime tyd al bekend.
Met sy vliegopleiding in die Duitse Luftwaffe tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy genoeg ervaring opgedoen om ook met behulp van instrumente “blind” in wolke te kon vlieg. Nadat hy deur middel van sy bure silwerjodiet in die hande gekry het, huur hy ‘n Chipmunk, ’n ou Britse opleidingsvliegtuig, en begin eksperimenteer.
In 1959 vind die eerste probeerslae plaas, maar sonder veel sukses. In die daaropvolgende jaar, 1960, tref ’n wolkbreuk die
Uhlenhorst-Bitterwasser-omgewing en meer as 400 mm val binne sowat 18 ure.
Groot skade word aangerig en op mnr. Raimar von Hase se plaas Jena wat onlangs aan die regering verkoop is, verdrink honderde skape.
Of Kayssler daarvoor verantwoordelik was, is bloot spekulasie, sê Jos van der Merwe. Hy sê daar was ten tyde van die vloed geen sprake van enige reënmakery op Bitterwasser nie.
Bron: Bitterwasser, Das Segelfliegerparadies, geskryf deur P. J. Kayssler.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie