Opbrengs van gholfdag bekend
Gholf
'n Propvol veld van 72 spelers het Saterdag by die Omeya-gholfbaan aan die eerste Christmas Cup Charity Drive deelgeneem.
Spel het om tienuur met 'n “shotgun start” begin, met een span wat op elk van die 18 putjies tegelykertyd afgeslaan het. Twee baie verdienstelike welsynsorganisasies was die begunstigdes vir die dag, naamlik die Dierebeskermingsvereniging van Namibië en die Side by Side Early Intervention Centre in Katutura, wat verskeie ondersteuningsdienste aan kinders met gestremdhede en hul families lewer.
Dit was 'n pretgevulde dag met twintig spelers wat pryse vir hul spel op die baan ontvang het.
Deur die opveiling van ses items, die medewerking van borge en die inskrywingsgeld van deelnemers is daarin geslaag om vir elkeen van die twee welsynsorganisasies N$11 710 in te samel.
Borge en rolspelers vir die dag het ingesluit Twizza, Omeya gholfklub, Gondwana Collection Namibia, Neo Paints, Checkers, Namibia Plastics, DZ Golf, Namibië Brouerye (NBL), Elvere, Danie Malan en die organiseerder Gerbie van Wyk.
Die voorste uitslae was soos volg:
1 Paul Verburg 41
2 Danie Pienaar 40 (uittel)
3 Eugene Lofty-Eaton 40
4 Alaric Britz 39 (uittel)
5 Francois Hanekom 39
6 Lu-Andre Duvenhage 38 (uittel)
7 Anton Kuhn 38
8 Bertus Nel 38
9 Bertus Damon 38
10 Dean Kock 38
11 Andy Haasbroek 38
Pryse vir houe naaste aan die pen is toegeken aan Juan Muller (putjie 4), Bertus Damon (putjie 7), Francois Hanekom (putjie 14) en Len Haasbroek (putjie 17).
Op putjie nommer 8 het Wernich Meyer met die mees akkurate dryfhou vorendag gekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie