Ope brief aan kaptein John McNab
JAN J VAN WYK, REHOBOTH BASTERBURGER, SKRYF:
Dit is met diepe teleurstelling dat ek hierdie skrywe deur middel van die media aan u moet rig. Die verloop van omstandighede het my hiertoe beweeg, en ek vertrou dat ek en baie ander hopelik hierdeur ons misnoeë onder u gerespekteerde aandag sal kan bring en dat ons pleidooi by u aanklank sal vind.
Laat my toe om by voorbaat om verskoning te vra indien ek u as persoon hierdeur mag ontstel. Ek het die grootste simpatie met u siektetoestand, maar ek sal skuldig staan voor my God, nageslag en volk indien ek nie hierdie saak van my hart kry nie.
As getroue lid van die Baster Gemeente vir meer as 30 jaar is dit vir my hartseer om te sien hoe ons as volk beledig en geminag word deur “leiers” wat deur u aangestel is. “Leiers” wat geen respek toon vir ons as volk nie. “Leiers” wat op ons neersien. My vrae aan u is as volg:
Het u toestemming gegee dat lede van die gemeenskap en ander verkose leiers op publieke platforms beledig word?
Stem u saam dat ons as bywoners gebrandmerk moet word omdat ons nie met 'n duidelik Sataniese proses saamstem nie?
DIE VADERLIKE WETTE
Is u bewus daarvan dat ons as gevolg van die afwesigheid van 'n Volksraad nie ons probleme aan u kon deurgee soos deur die Vaderlike Wette (1872, Artikel 12) neergelê is nie?
Is u bewus van die growwe skending van ons Vaderlike Wette deur u optrede(s) die afgelope jare, onder andere deur die aanstelling van “Kapteinsraadslede” wat nie voldoen aan die vereistes soos neergelê in Artikel 4 van die Vaderlike Wette nie?
Ek wil my verstout om te sê u is ten volle bewus hiervan, aangesien uself nooit as kandidaat in 'n Kapteinsverkiesing kon staan nie. (Met verwysing na Artikel 4 van die Vaderlikke Wette.)
U optrede(s) meer as 20 jaar gelede, onder andere u weiering om na vyf jaar 'n nuwe verkiesing uit te roep (soos deur uself en ander kandidate voor die verkiesing ooreengekom, dit was die begin van die probleme waarin ons onsself vandag bevind) het my vermoedens bevestig dat ons 'n growwe fout gemaak het om u as Kaptein te verkies?
Ek het op grond van versoeke om kalm te bly en om u te ondersteun, gedoen wat van my as RBG-lid verwag word, net om op die radio te moet hoor dat “net twee manne”, uself en een van u Kapteinsraadslede (die enigste wettige Raadslid tans in terme van Artikel 4 van die Vaderlike Wette) vanaf 1990 hul plig teenoor die “Vaderlike Wette” nagekom het.
TOE EN NOU
Ek is verstom om te moet hoor dat ons ontslape Kaptein, volgens u aangestelde “leiers”, vir meer as agt jaar nie sy pligte as Volksleier nagekom het nie? Terwyl u kwansuins u plig gedoen het.
Hierdie stelling is misplaas en 'n infame leuen wat aan die Volk verkoop word. Gelukkig het uself bewys dat die getalle wat hulle deur hierdie propaganda laat rondlei, maar skraps is.
Ek en andere verwag van u om die oningeligtes tot orde te roep. (Ek versoek u om die datum waarop u as Kaptein verkies is, bekend te maak aan u “leierskap”, want dit is duidelik dat hulle dit nie weet nie.)
Met die aanstelling van u “alleen gevonde kandidaat” het u duidelik Artikels 2 en 3 van die Vaderlike Wette verontagsaam. Hierdie optrede skree ten hemele.
Ek moet dit ongelukkig ook noem dat gedurende u tyd as Kaptein, Artikels 6 tot 13 om maar slegs 'n paar te noem, nooit in werking was nie, en u daarom geen gesag kon uitoefen nie, aangesien 'n wetgewende liggaam (Volksraad) nooit bestaan het nie. Alle besluite wat u en diegene rondom u geneem het (insluitend die Sataniese registrasieproses en bedrag betaalbaar vir “kopbelasting”) is dus onwettig, ongeldig, misplaas en noem maar op. Dit is een van die redes waarom ek en baie ander nie die proses kan onderskryf nie.
Ek is oortuig daarvan dat u, ten spyte van u gesondheidstoestand, persoonlik en in die openbaar aan die Volk verskoning moet vra vir die uitlatings deur onverantwoordelike persone wat deur u aangestel is en daarop roem dat hulle die Vaderlike Wette in sy geheel onderskryf. Hul doen en late spreek van verskuilde agendas.
Ek wil nie nalaat om u daaraan te herinner dat die Volk nog steeds wag op 'n verskoning vir u optrede gedurende 2003, toe u ons as volk uitverkoop het.
'BYWONERS'
Ekself erken die Vaderlike Wette en is oortuig daarvan dat die smeerveldtog gevoer deur die “eintlike bywoners” alleen die volk wil mislei.
Is u daarvan bewus dat beide radiomanne nie RBG-burgers kan wees indien hulle nie die proses soos deur die Vaderlike Wette voorgeskryf, deurloop het nie? Die een maak daarop aanspraak dat sy ma 'n burger was en daarom reken hy hom die reg toe om die volk te beledig, terwyl die ander met permanente verblyf in die Republiek van Suid-Afrika die Rehoboth Bastervolk wil lei. Hierdie menere onteer die Vaderlike Wette, terwyl hulle die Volk probeer “lei” onder dieselfde Wette. Die RBG onder hul leiding het 'n skande geword om die minste te sê.
EK STEM SAAM, MAAR VERSKIL
Ek stem saam (soos in die Republikein van 07 Februarie 2018 gestel):
Die Vaderlike Wette onafhanklikheid oorleef het.
Die Kantoor van die Kaptein bestaan.
Dat die RBG 'n vrye assosiasie is. (Dit is waarom duisende burgers tot 1989 ingskryf het en hul goedkeurings as RBG-lede ontvang het. Hierdie burgers is nou “bywoners”? Deur u so verklaar. Dit is 'n gruwelike belediging vir ons as volk.)
In u nuusvrystelling van 31 Januarie 2018, noem u “die Vaderlike Wette maak voorsiening hoe klagtes geadresseer en hanteer moet word, indien sodanige klagte/s bestaan”. U laat egter na om die Artikel aan te haal.
Ek is bewus van Artikel 12 van die Vaderlike Wette wat in hierdie geval van toepassing sou kon wees. Ongelukkig was en is daar geen verkose Volksraad onder u “bewind” nie en kan u u nie op genoemde Artikel beroep nie. 'n Duidelike bewys van hoe die volk mislei word.
Grootmense kan ook deur kinders reggehelp word, en dit is presies wat ek probeer doen. Ek is mos soos julle sê, net 'n kind.
Ek moet verskoning vra dat ek u “onwettig aangestelde leiers” slapelose nagte besorg. Die volk wag op hul jammerlike emosionele uitbarstings op die radio.
Leiers word gebore.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie