Ope-byeenkoms net die regte medisyne
Atletiek
Tielman van Lill
Die Swakop Stryders-atletiekklub bied vandag vanaf 08:00 sy Pupkewitz-trust Ope-atletiekbyeenkoms in dié kusdorp aan waar atlete so jonk as sewe jaar tot senior vlak hul merk kan maak.
Hennie Horn, organiseerder van die Ope-kompetisie, sê bykans al Namibië se topskole en senior atlete sal vandag uitstekende kykgenot aan atletiekliefhebbers verskaf.
Atlete sal vir unieke plaaslik vervaardigde medaljes en trofees meeding en atlete kan vir die o.20-Wêreldkampioenskappe en 2021 Olimpiese Spele kwalifiseer.
Horn sê: “Alles is in plek, die elektroniese tyd is gereël, beamptes is 100 persent gereed en rekords word nagegaan. Beatrice Masilingi, Christine Mboma, Ryan Williams en nog baie ander Namibiese sterre gaan deelneem. Mosito Lehata, tweemalige Olimpiese atleet van Lesotho, gaan ook hardloop.
“Hy het reeds geland en kom saam met Ernst Narib en Anana Samuntu Swakopmund toe. Samuntu is 'n opkomende hoogspringer wat nog groot hoogtes kan bereik. Jolene Jacobs het herstel en is gereed om haar spoed ten toon te stel.
“Lehata is die nasionale 100 m-rekordhouer van Lesotho met 10.11 sekondes. Hy het in 2012 en 2016 onderskeidelik aan die Londen- en Rio de Janeiro Olimpiese Spele deelgeneem.
“Die 15-jarige Ryk Erasmus van Otjiwarongo, sal in die 100 m, 200 m en 400 m sy nuutgevonde spoed wys. Daar is talle junior atlete wat ingeskryf het om ná 'n teleurstellende jaar litte los te maak.
“Ná 2020 en Covid-19, wil die atlete net woeker, en dit is 'n riem onder die hart. Dit gaan die moeite werd wees om die atlete in aksie te sien.”
Weens Covid-19-inperkings, is die IAAF se 2020 o.20-Wêreldatletiekkampioenskappe tot Augustus 2021 uitgestel.
Dié elitekompetisie wat elke tweede jaar deur Wêreldatletiek aangebied word, sou vanjaar vanaf 7 tot 12 Julie in Nairobi, Kenia, plaasgevind het. Dié land sal wel volgende jaar die eer hê om vanaf 17 tot 22 Augustus die room van die wêreld se jeugatlete as gaste by die Moi Internasionale Sportsentrum in Nairobi te verwelkom.
'n Paar Namibiërs het met gemak vir die 2020-weergawe gekwalifiseer, maar vir die 19-jarige Ivan Geldenhuys, is die 2021-kampioenskap van die baan. Hy word op 9 Augustus volgende jaar 20. Net atlete wat op 31 Desember 2021 nog steeds 16, 17, 18 of 19 jaar oud is, mag aan dié gesogte kompetisie deelneem.
Geldenhuys wat in die 400 meter-naelloop spesialiseer, moes onder 47.35 sekondes draai om 'n regmerkie agter sy naam te kry. En hy het dit meer as een keer met gemak behaal.
Gelukkig is daar nog steratlete soos die 17-jarige Beatrice Masilingi (200 m, 400 m), Christine Mboma (400 m, 800 m) en André Retief (400 m, 400 m-hekkies) wat Namibië in Nairobi kan verteenwoordig.
Die volgende kwalifiseringsperiode is van 1 Desember 2020 tot 8 Augustus 2021 deur die IAAF vasgestel vir o.20-atlete om vir Kenia hand op te steek.
Masilingi het onlangs in Pretoria op dieselfde dag met wêreldklastye in die 200- en 400 m vir die o.20-Wêreldkampioenskap en 2021 Olimpiese Spele in Tokio gekwalifiseer en dit drie dae later verbeter.
Sy het Vrydagaand by die 2020 MTC Nasionale Jeugspele by Rietfontein in die Noorde, die senior nasionale Namibiese 100 m-rekord van Globine Mayova in 11.38 sekondes geëwenaar. Mayova het dié rekord sewe jaar gelede op 13 Maart 2013 in Germiston, Suid-Afrika, opgestel.
Masilingi se 11.38 is aansienlik beter as die kwalifiserende standaard (11.85) vir die o.20-Wêreldkampioenskappe.
Mboma (17) was ook saam in Pretoria.
Sy het met 'n skitterende 2 minute en 08.78 sekondes in die 800 m haar rekening geopen, maar twee dae later haar dyspier by 'n tweede byeenkoms seergemaak.
Mboma kan intussen saam met haar afrigter, Henk Botha, planne vir Nairobi begin maak. Sy sal binnekort onder die vereiste 2:08.70 draai om vir die 800 m te kwalifiseer. Sy kan dit dalk net vandag vermag.
Vir die 400 m het sy in Pretoria met 'n tyd van 51.81 gekwalifiseer om volgende jaar in Nairobi haar spykerskoene aan te trek.
Retief begin aanstaande jaar onder die waaksame oog met afrigting by die gesoute Leonie van Rensburg in Windhoek. Hy het vanjaar aan Elnatan gematrikuleer en is volgens Van Rensburg se kennersoog 'n ideale kandidaat om met die regte tegniek vir die o.20-Wêreldkampioenskappe te kwalifiseer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie