Ope titels wéér na Zambië en RSA
Muurbal
Twee gedugte kampioene het die naweek hul titels in die Namibiese Ope muurbalkampioenskap behou wat deur Aqua Splash geborg is.
Zambië se nommer een manspeler Kelvin Ndhlovu het die manskroon behou toe hy die finaal met 3-0 teen Suid-Afrika se Rodney Durbach gewen het.
Ndhlovu, wat die Namibiese Ope titel die eerste keer in 2015 gewen het, het in die semifinaal ook met drie stelle teen nul verby nog ’n Suid-Afrikaner, Michael Woods, geseil.
Aan die vrouekant het Suid-Afrika se Milnay Louw ’n sterk aanslag van die gesoute Brit Lauren Siddall afgeweer om die eindstryd met 3-0 te beklink.
Siddall het die Namibiese Ope vier keer op ’n streep tussen 2012 en 2015 gewen, voordat sy haar in laas jaar se finaal teen Louw vasgeloop het.
Die Namibiese Ope lok die afgelope jare sterk mededingers van buite die landsgrense, met onder andere elf Zambiërs, drie Suid-Afrikaners en ’n Zimbabwiër wat laas naweek in die manskompetisie in aksie was.
Wedstryde is van Vrydag tot Sondag by Wanderers-klub se baan afgehandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie