Openbare bespreking oor tydsverandering begin môre
Ronelle Rademeyer - Die eerste openbare verhoor oor die voorgestelde nuwe Wet op Namibiese Tydsverandering, begin môre (Woensdag) voor die parlementêre staande komitee vir buitelandse betrekkinge, verdediging en sekuriteit.
Die eerste belanghebber wat sy saak gaan stel, is die ministerie van binnelandse sake en immigrasie.
Die verhoor begin om 09:00 en word in die sogenaamde "Pienk Kamer" by die parlement gehou.
Die voorsitter van dié komitee, mnr. Leevi Katoma, het bekend gemaak dat nog drie verhoordae vir April geskeduleer is om die saak van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid, die Namibië Werkgewersfederasie en ander belanghebbendes te hoor.
Dit is naamlik op 19, 25 en 26 April.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie