Openbare bespreking van wetsontwerp kom
Privaatsektor se bydrae tot beter staatsdiens moet verseker word.
Die Nasionale Raad het op 1 Desember verlede jaar die wetsontwerp op vennootskappe tussen die openbare en private sektors na 'n parlementêre portefeuljekomitee verwys.
Die komitee moet die wetsontwerp bestudeer, verslag doen oor die bevindinge en voor of op 23 Februarie vanjaar terugvoer aan die Nasionale Raad gee.
Die doel van die wetsontwerp is om die privaatsektor se deelname aan die verbetering van dienslewering in die staatsdiens deur middel van projekte te verseker.
Dit sal die private sektor die geleentheid bied om in die staat se infrastruktuur, bates en dienste te belê; raamwerke te skep wat toesig en bestuur van sekere projekte moet verseker; seker te maak dat opgeleide personeel by hierdie projekte betrokke is; regverdigheid, deursigtigheid en mededinging in die toekenning van projekte te verseker en riglyne om bystand te verleen met die inisiëring, voorbereiding, aanskaffing, bestuur en implementering van die projekte te verskaf.
Die portefeuljekomitee hou gevolglik vanaf 23 Januarie tot 6 Februarie openbare besprekings in verskillende streke van die land om belanghebbendes soos streekrade, plaaslike owerhede, die sakegemeenskap, tersiêre onderwysinstansies, vakbonde, nie-regeringsorganisasies en lede van die publiek die geleentheid te gee om skriftelike of mondelinge voorleggings oor enige van die aspekte van die wetsontwerp te maak.
Geskrewe voorleggings moet aan die komitee se sekretariaat by [email protected] of [email protected] voor of op 22 Januarie gestuur word. Navrae kan aan me. A. Shali by 081 158 4023 of mnr. M. Neo by 081 157 3103 of mnr. I. Kooper by 061 202 8049 of 081 237 2348 gerig word.
Die openbare besprekings vind hier plaas:
Kavango-Oos: Maandag 23 Januarie om 08:30 in die Kavango-Oos-streekraad se ouditorium.
Oshana: Woensdag 25 Januarie om 08:30 in die Oshana-streekraad se ouditorium.
Otjozondjupa: Vrydag 27 Januarie om 08:30 in Otjiwarongo se gemeenskapsaal.
Erongo: Maandag 30 Januarie om 08:30 in die Erongo-streekraadvergadersaal.
Hardap: Woensdag 1 Februarie om 08:30 in Mariental se gemeenskapsaal.
//Kharas: Vrydag 3 Februarie om 08:30 in die //Kharas-streekraad se vergadersaal
Khomas: Maandag 6 Februarie om 09:00 in die Nasionale Raad se G4-konferensiesaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie