Openbare gesondheid: Meer met bitter min
Sommige plaaslike verskaffers het bestellings gekanselleer omdat hulle nie voorraad kon aflewer nie.
Henriette Lamprecht
Hulpbronne vir openbare gesondheidsgeriewe word tot die uiterste benut om kop bo water te hou.
Dit sluit mediese voorraad en geld vir die bedryf van die geriewe in.
“Ons is besig met 'n balanseertoertjie op 'n baie hoë koord en doen inderdaad ons uiterste bes om meer met min te doen en om waarde vir geld te kry.”
So sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) in reaksie op kritieke tekorte aan kliniese voorraad, wat openbare gesondheidsdienste etlike maande reeds teister.
Die ministerie het beklemtoon hy moet doodseker maak hy bereik nie 'n stadium waar geen medisyne of kliniese voorraad beskikbaar is nie.
“Ons pasiënte kom eerste in alles wat ons doen – die nasie kan hiervan seker wees.”
In 'n poging om die kritieke tekorte hok te slaan, het MoHSS vrystelling van die ministerie van finansies in terme van die wet op openbare verkryging verkry om kliniese voorraad en farmaseutiese produkte op 'n noodbasis by verskaffers aan te koop.
Die doel is om geld en tyd te spaar en groter hoeveelhede aan te koop om tekorte uit die weg te probeer ruim.
Botte is in dié verband aan betroubare vervaardigers van kliniese voorraad gestuur.
Botte is aan 16 vervaardigers van kliniese voorraad in Duitsland, Suid-Afrika en China gestuur. Twee maatskappye in Suid-Afrika het hul botte ingedien met hul vervaardigingslisensies of bewys van eienaarskap van die handelsmerk vir die produk waarop hulle bie.
Die botte is geëvalueer en items is gedeeltelik aan die twee maatskappye toegeken.
Die ministerie sê vervaardigers se vermoë om op noodaankope te reageer, hang onder meer van die hoeveelheid en beskikbaarheid van voorraad en produksieskedules af.
Ook reageer lande met reusefabrieke, soos Thailand of Maleisië, nie positief op 'n geleentheid om te bie vir die hoeveelheid wat deur die Sentrale Mediese Store (CMS) aangevra word nie, bloot omdat plaaslike hoeveelhede nie beduidend genoeg is nie.
Met verwysing na vrystelling deur die ministerie van finansies het die ministerie ook hier die groen lig gekry om entstowwe, antibiotika, sommige antiretrovirale middels (ARV's) en voorbehoedmiddels deur die Verenigde Nasies (VN) se Kinderfonds (Unicef) aan te koop.
Dié bestelling beteken die ministerie spaar N$100 miljoen.
Volgens die ministerie word dié ingrypings geïmplementeer om “skaars hulpbronne te bewaar” en nie om plaaslike maatskappye uit te sluit of geld uit die land te neem nie.
Die huidige aankoop van kliniese voorraad is nog meer van 'n noodgeval as ander, sodat dringende voorraad aangevul kan word.
Verskeie dringende items was op bestelling by sommige plaaslike verskaffers, wat volgens die ministerie maande reeds sukkel.
Van dié vervaardigers het ook verkies om die bestelling te kanselleer omdat hulle die voorraad nie kan aflewer nie.
Die ministerie het beklemtoon dit beteken nie daar is nié betroubare plaaslike verskaffers wat botte op 'n gereelde basis indien en suksesvol aflewer nie.
Om dié rede is drie oop nasionale botte (plaaslik) vir farmaseutiese produkte en kliniese voorraad onlangs in plaaslike media geadverteer.
Die evalueringsproses vir botte vind in November plaas.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie