Openbare vergaderings oor voorvaderlike grondregte skop af
Die presidensiële kommissie van ondersoek oor voorvaderlike grondregte het vandag sy openbare vergaderings in die Khomasstreek hervat.
Die doel is om insette van geraakte gemeenskappe en die Namibiese publiek in die geheel te kry.
Vergaderings het vandag in die hoofstad by die UN Plaza afgeskop waar inwoners van die kiesafdelings Katutura-Sentraal en -Oos, asook John Pandeni gevra is om hul menings te lug.
Môre (Dinsdag 6 Augustus) gaan die program by die Disability Resource Centre in Okuryangava voort. Die inwoners van Samora Machael, Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Mix kry dan hul spreekbeurt.
Woensdag 7 Augustus) gaan die kommissie in die Kovambo Nujoma-saal by die Khomasstreeksraad se kantore na inwoners van Khomasdal, Windhoek-Wes en -Oos se insette luister.
Donderdag sal die kommissie by Dordabis se gemeenskapsaal wees, waar inwoners van Windhoek-platteland hul sê sal sê. Die volgende oggend sal die vergadering by die Groot Aub-restaurant gehou word, en ná middagete by die kerk op Kanubeb.
Die week daarna is dit op 14 Augustus in die Kazenambo Kazenambo-saal die Tsumkwe-gemeenskap by Gam se beurt. Op Donderdag 15 Augustus sal die kommissie heeldag by die Tsumkwe-gemeenskapsaal wees en die volgende oggend is hulle by Mangetti Duin. Die vergaderings word in die namiddag met 'n besoek aan die NG Kerk op Omatako afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie