Operasanger rig pleidooi
Die Duitse ambassade in Namibië het op 2 Julie ’n regstreekse klassieke konsert vanuit die ambassadeur se huis aangebied. Tydens dié konsert het die operasangers Gláucio Ngaca, Trudy Gertze en Natasha Ndjiharine opgetree.
Komposisies van Mozart en ander bekende klassieke komponiste is opgevoer, asook die kunstenaars se ??eie komposisies.
“Ons is almal baie dankbaar vir dié platform wat vir ons geskep is, want meeste kunstenaars, insluitend musikante, word tans deur die uitdagendste oomblikke van hul loopbane in die gesig gestaar. As gevolg van die pandemie is platforms soos dié noodsaaklik om musiek en die kunste aan die lewe te hou,” het Gláucio gesê.
Hy het ’n dringende pleidooi aan geleentheidsorganiseerders gerig om dieselfde inisiatief te volg en aanlyn platforms te skep sodat musikante steeds hul werk tydens hierdie pandemie kan doen. “Ons het regtig nog geleenthede soos dié nodig.”
Die konsert kan gekyk word by (QR) https://q.my.na/9XD4

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie