Operasanger wil musiekdroom verwesenlik
Die plaaslike operasanger Gláucio Ngaca het onlangs ’n uitnodiging ontvang om ’n meesterklasreeks in stemopleiding en uitvoering in Duitsland by te woon.
Hy is tans besig met sy lisensiaat-diploma in musiekuitvoering by die Trinity College in Londen deur die Kollege van die Kunste (Cota) saam met Hermien Coetzee en Johan Pieterse.
Hierdie reeks meesterklasse sal bydra tot die voorbereiding van sy eksamen, sowel as sy professionele vermoëns. Gláucio is tans besig om geld in te samel om sy reiskoste te dek. Indien hy betyds die geld kan insamel, sal hy op 20 Januarie volgende jaar na Duitsland vertrek. Hy benodig 2 500 euro om sy musiekdroom te verwesenlik.
Diegene wat tot sy GoFundMe-veldtog wil bydra, kan dit by https://gofund.me/9a67ff82 doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie