Operasie Basadi ’n reusesukses
Die veiligheidsveldtog word elke tweede jaar van stapel gestuur en dit is oorwegend SADC-polisievroue wat daaraan deelneem.
Operasie Basadi, wat deur die Namibiese polisie van stapel gestuur is, het onlangs geëindig.
Die inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het dit as ’n reusesukses beskryf.
Basadi is deel van die Suider-Afrikaanse Streekpolisiehoofde Samewerkingsorganisasie (SARPCCO) se gesamentlike operasie.
Die besluit om só ’n operasie gelyktydig oraloor die streek uit te voer, is tydens die 19de jaarlikse algemene vergadering van SARPCCO se polisiehoofde op 23 Mei 2014 geneem.
Basadi word elke tweede jaar van stapel gestuur en dit is oorwegend SADC-polisievroue wat daaraan deelneem.
Operasie Basadi het vanaf 9 tot 11 Desember plaasgevind. In Namibië het vroue van die polisie, weermag, korrektiewe dienste, die stadspolisie, asook van verskeie ministeriële kantore en private organisasies deelgeneem.
Van die suksesse wat tydens die operasie behaal is, sluit in 11 beskermingsbevele is in gevolge die Wet op die Bestryding van Gesinsgeweld, Wet 3 van 2003, aan beskuldigdes beteken en 108 mense is in hegtenis geneem weens die oortreding van dieselfde wet.
Vyf mense is inhegtenis geneem weens die oortreding van die Wet op die Bekamping van Verkragting, Wet 8 van 2000.
Altesaam 1 342 kroeë en sjebeens is besoek waar die regte van vroue en kinders moontlik geskend word en 509 ongelisensieerde drankplekke is gesluit. Altesame is daar 477 verkeersboetes ter waarde van N$539 500 uitgereik.
Tweehonderd twee-en-dertig onwettige immigrante is in hegtenis geneem.
Deelnemers aan Operasie Basadi het op 3 191 vervalste items, insluitend klere, selfone, drank, sigarette en gesigroom sonder doeanedokumente beslag gelê. Tien persone is in die besit van dagga in hegtenis geneem en drie mense is gearresteer vir die onwettige besit van ongeslypte diamante.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie