Operasie groen pak Omaruru
Des Erasmus - Nou word daar daadwerklik gevorder om die verlore status van Omaruru as ‘n tuindorp van Namibië te herwin.
Die eerste 14 van 50 bome is reeds op die middelpaadjie van die hoofstraat geplant en uiteindelik gaan dit ‘n groener glans aan die middedorp gee.
Die groen plan het as ‘n gemeenskapsprojek begin, maar toe die munisipaliteit genader is, was daar feitlik spontane samewerking en ondersteuning deur die stadsraad, sê me. Tinkie Cornelissen, een van die stigters van die projek. Nou span die gemeenskap én die munisipaliteit saam.
Volgens haar is behoorlike navorsing gedoen voordat die projek wortel begin skiet het. By mnr. Johan Wentzel, ‘n tuinboukundige van Windhoek, is navraag gedoen oor ‘n boom wat goed op Omaruru behoort te groei.
Nog vereistes was dat die wortels nie die loopvlak van die verkeerseiland of die teer van die hoofstraat moet oplig nie. Sy aanbeveling was dat die Suid-Afrikaanse Vaderlandswilg die boom behoort te wees en bestellings is in Suid-Afrika geplaas.
Die boompies kos N$250 stuk en van lede van die gemeenskap is verwag om die kooptransaksie te borg. Van die mense van Omaruru het nie net ‘n boompie vir die hoofstraat gekoop nie, maar ook een vir hul eie werf bestel.
“Die reaksie was oorweldigend,” sê Cornelissen. In die plantproses bring die munisipaliteit weer hul kant.
Wanneer die boompies eers staan, sal aandag ook aan die oppervlak van die verkeerseiland gegee word.
Die projek het begin namate Omaruru en die omgewing aan die langdurige droogtesiklus ontwortel het.
Die Omarururivier het as die dorp se waterdraer ook in die vorige reënseisoen dikwels in vloed afgekom en daarna kon met van die waterbeperkinge weggedoen word.
Cornelissen glo die boomplantprojek kan ook tot ander ontwikkelings tussen die gemeenskap en die munisipaliteit lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie