Operasie Haarsny
Operasie Haarsny

Operasie Haarsny

Mandy Rittmann
ROOI OLIFANT SKRYF:

Dit is bekommerenswaardig, wanneer veiligheidsmagte hul pogings verskerp om die massas teen wil en dank in die naam van wet en orde te beheer.

So was dit dan dat die polisiemag destyds onskuldige burgers op straat voorgekeer het en mans wat All Stars-tekkies, oorringe, dreads en kamfloerdrag aan het se besittings gekonfiskeer het. Nadat hulle eers voosgeslaan is.

Met hul jongste, hernude Operasie Kalahari voer hierdie vyandiggesinde span ’n skrikbewind onder skoolkinders. Hulle besoek nou skole en skeer seuns se hare af wat langer as 1 cm is; teen hul wil, terwyl die skoolhoof en onderwysers (toestemmend) toekyk.

’n Hele sarsie vrae kom op:

Wie gee hulle die reg om onskuldige, weerlose burgers en kinders so te treiter, aan te rand en as’t ware te verkrag?

Het hulle toestemming van die minister van onderwys verkry en is daar ’n omsendbrief na skoolhoofde gestuur in verband met hierdie gevoellose vergrype?

Hoekom behandel hulle gewone onskuldige en weerlose burgers en kinders soos misdadigers?

Neem hulle en hul toesighouers nie die grondwetlike en menseregte van hul onskuldige en weerlose slagoffers in ag nie?

Kan ons maar nou aanvaar dat Namibië amptelik ’n militaristiese staat geword het, waarin polisielede en soldate die oorhand het en oorlog teen onskuldige en weerlose burgers en kinders verklaar het?

Is dit hul werk om kinders se hare te skeer/knip en vermors hulle nie maar net doodeenvoudig staatsbronne, energie en tyd op kleinighede wat hulle nie aangaan nie?

Tydens so ’n geleentheid, by ’n hoërskool in Khomasdal, het ’n paar seuns uit vrees gevlug, wetend dat lede van hierdie spesiale mag baie onlangs twee onskuldige en weerlose persone doodgeskiet het, om nie eens te praat van tientalle soortgelyke vergrype en polisiegeweld in die verlede nie. Wie sal nog staan as jou lewe in die weegskaal is? Nou is dié groepie seuns summier geskors. Op grond waarvan? Skoolkinders is nie kriminele nie.

Die polisie word daarom aanbeveel om ’n spesiale eenheid vir skole, in samewerking met die ministerie van onderwys te skep, waar wys en versigtig met kinders omgegaan word op grond van ’n beleid wat op landswette en die Grondwet geskoei is. Andersins stel die Kalahari-monsters net die slegte voorbeeld dat geweld in orde is en die enigste moontlike oplossing blyk te wees.

Kom ons pluk die volstruis se kop uit die sand en noem die ding soos hy is: Ek weet dat die rassekwessie ’n ongemaklike nare waarheid in Namibië is. Ons weet daarom ook dat die veiligheidsmagte meerendeels uit die dominerende taalgroep bestaan. Hierdie soldate en polisielede is wreed teenoor anderrassiges. Asseblief, sterke Here. Ons is ook maar net mens. Soos julle. Gaan soek dus die ware misdadigers op en los ons kinders uit. Ons sal verstaan as julle dwelmgebruikers en -handelaars by skole soek, maar ons verstaan nie wat my kind se hare met die prys van tombo te doen het nie. Julle verydel net hul lewens en regte op ’n hordes maniere.

Ons stel voor dat vernaam die weermaghoofde hul benadering heroorweeg en hul lede wat vir jare met hul tone in hul bunkers en barakke gespeel het en nou moontlik uit verveling opgewonde en skietgereed is, uit ’n poging om asseblief tog ’n bietjie aksie te mag smaak, op vredessendings weggestuur word, waar hulle hul frustrasies en tyd en energie en staatsbronne en woede beter kan benut. Ons en ons kinders is nie jul vyand nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!