Operasie Hornkranz-slagoffer eis N$1 miljoen
Operasie Hornkranz-slagoffer eis N$1 miljoen

Operasie Hornkranz-slagoffer eis N$1 miljoen

Die klaer sê hy is oor sy hele lyf en kop geskop en sy oog is beseer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Man wat op Oujaarsaand verlede jaar naby die informele woonbuurt Babylon glo deur lede van die weermag en polisie geskop en aangerand is, eis skadevergoeding van N$1 miljoen in die hoërhof.

Mnr. Taleni Petrus Manja van Khomasdal eis N$600 000 vir pyn en lyding van die regering, die hoof die weermag en die minister van verdediging.

Hy eis ook ‘n verdere N$400 000 se skadevergoeding omdat hy nie met sy normale lewe kan voortgaan nie.

Dit blyk uit hofstukke Manja is kort voor middernag op Oujaarsaand naby die vierrigtingstop by die Maxuilili-sentrum op gewelddadige wyse deur lede van die weermag uit ‘n stilstaande voertuig gepluk. Hulle het hom daarna na bewering oor sy hele lyf en kop geskop en sy oog is beseer.

Hy voer aan hy is aan marteling en onmenslike en vernederende gedrag onderwerp toe hy aangerand en deur ses polisiemaglede ondervra is.

Hy is glo deur hulle aangesê om na ’n nabygeleë rivierloop te stap, wat vir hom ’n sielkundige marteling was omdat hy gevrees het hy gaan verder aangerand word.

Manja het op pad na die rivierloop glo sy bewussyn verloor en inmekaargesak.

Hy voer in die hofstukke aan hy is nie na ’n hospitaal geneem nie, hoewel dit vir die veiligheidsmaglede duidelik moes gewees het hy het mediese hulp nodig.

Operasie Hornkranz is in Desember verlede jaar as ’n gesamentlike polisie- en weermagoperasie van stapel gestuur met die oog op die bekamping van misdaad.

Dit is in Junie deur Operasie Kalahariwoestyn opgevolg.

Verskeie mense het sedertdien aangevoer hulle was slagoffers van hardhandige weermag- en of polisie-optrede in een van die twee operasies.

In Junie is ’n Zimbabwiese taxibestuurder, mnr. Fambauone Black (22), na bewering by ’n padblokkade in Katutura deur kpl. Gerson Nakale (38), ’n lid van die weermag, doodgeskiet.

Volgens Manja ervaar hy steeds pyn en lyding, asook emosionele en sielkundige trauma as gevolg van die gebeure van dié aand.

Die Regshulpsentrum staan hom met die eissaak by.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!