Operasie Inenting kan begin
Namibië se nasionale inentingsveldtog kan eindelik begin.
Die 100 000 dosisse entstof wat deur China aan Namibië geskenk is, het laatmiddag op 'n vlug uit Zimbabwe by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom waar dit deur die ministers van gesondheid en maatskaplike dienste en internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Kalumbi Shangulu en me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, ingewag is.
Hulle was vergesel van die Chinese ambassadeur, mnr. Zhang Yiming, en ander regeringslui.
Maandag is sewe sterftes weens Covid-19 gerapporteer, en vandag nege. Dit is die meeste sterftes wat in die bestek van 24 uur deur die gesondheidsministerie bekend gemaak is.
Foto: Jemima Beukes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie